Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Aksent (Aksentkarakter)
Aksent [boodskap #124737] Do, 07 Februarie 2019 20:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Aksentteken is 'n karakter wat aantoon dat 'n lettergreep of woord benadruk (beklemtoon) word, of om tussen betekenis en woordsoorte te onderskei. Daar is twee soorte:

Akuut-aksent (´)
'n Akuut-aksentteken is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstrepie bo-op 'n letter (vokale) geplaas word. Die strepie loop van links na regs, laag na hoog. Dus lê dit vorentoe. Die akuutteken word gebruik om betekenis en woordsoorte te onderskei of om woorde te beklemtoon.

Hoofletters : Á É Í Ó Ú
Kleinletters: á é í ó ú

Voorbeelde: ná

Gravis-aksent (`)
'n Gravis-aksent is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstrepie bo-op 'n letter (vokale) geplaas word. Die strepie loop van links na regs, hoog na laag. Dus lê dit agteroor. In teenstelling met die akuutteken word die gravisteken hoofsaaklik gebruik om by sommige woorde die [ε]-klank aan te dui.

Hoofletters : À È Ì Ò Ù
Kleinletters: à è ì ò ù

Voorbeelde: appèl, dè, hè, nè
Vorige onderwerp: Afrikaans word frequency
Volgende onderwerp: Afrikaanse Wikipedia - 50000 artikels!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:49:32 MGT 2024