Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Fiasko by Laerskool Schweizer-Reneke
Fiasko by Laerskool Schweizer-Reneke [boodskap #123906] Sa, 12 Januarie 2019 08:56 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Laerskool Schweizer-Reneke was die week in die nuus nadat kiekies van die kinders oor Whatsapp na hul ouers gestuur is. Een van die foto's wys hoe swart kinders afsonderlik van die wit kinders sit (terwyl ander duidelik toon dat hulle tussen mekaar sit). Die verkeerde foto is uitgelek, wat tot 'n opstokery gelei het en later in 'n betoging by die skool ontaard het. Van die ouers moes ’n heining breek om hul kinders van die rumoer te red. 'n Onderwyser is oor die foon geskors, moes vir haar lewe uit die dorp vlug, en growwe uitsprake is op sosiale media teen "wittes" gemaak. Talle ouers het daarna besluit om hulle kinders vir eers uit die skool te haal.

Politici was natuurlik gou om die voorval vir eie gewin uit te buit sonder om eers die werklike toedrag vas te stel. Mens moet ook wonder of 'n rasse-insident nie aspris geskep is met die oog op die komende verkiesing nie. Ironies genoeg dui boodskappe op Twitter dat baie swartes nie van wittes hou nie, maar kinderlik ongelukkig raak as hulle nie ten alle tye tussen wittes kan wees nie. Enigiets anders is mos "rassisties", dan nie? Ras is deesdae mos die enigste maatstaf, en die kinders het blykbaar ook geen reg tot vryheid van assosiasie nie.

Ondertussen het Solidariteit aangekondig dat hulle die onderwyser teen haar "onregmatige skorsing" gaan verteenwoordig.
Re: Fiasko by Laerskool Schweizer-Reneke [boodskap #124179 is 'n antwoord op boodskap #123906] Ma, 14 Januarie 2019 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hoërskool Stilfontein is vandag aangeval en moes vinnig ontruim word. Twitter het 'n video wat wys hoe bakstene deur 'n vol klaskamer se venster gegooi is. Dis 'n wonder dat niemand beseer is nie.

https://twitter.com/i/status/1084819906070278144
Re: Fiasko by Laerskool Schweizer-Reneke [boodskap #124180 is 'n antwoord op boodskap #124179] Di, 15 Januarie 2019 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Schweizer-juffrou sê: "Ek is Elana Barkhuizen. En ek gaan opstaan".
Ons het meer onderwysers soos sy nodig!
Re: Fiasko by Laerskool Schweizer-Reneke [boodskap #124682 is 'n antwoord op boodskap #124180] Do, 24 Januarie 2019 15:36 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die arbeidshof het vandag bevind dat Elana Barkhuizen se skorsing onwettig is. Die hof het verder beveel dat haar skorsing met onmiddellike effek opgehef word. Sy sal na verwagting môre weer terug op haar pos by die skool wees.
Vorige onderwerp: Blankes Uitgesluit Van Discovery Aandeleskema
Volgende onderwerp: Ongeluk by HS Driehoek eis lewens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:29:25 MGT 2024