Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Seekoei (Hippopotamus amphibious)
Seekoei [boodskap #123753] Do, 10 Januarie 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Twee seekoeie.
Twee seekoeie.
Die Seekoei (Hippopotamus amphibious) is 'n groot, hoofsaaklik plantetende soogdier wat in Afrika voorkom. Hierdie diere is vroeër dwarsdeur Suid-Afrika, selfs op die strand van Tafelbaai, deur Van Riebeeck se setlaars aangetref, maar is vandag beperk tot die noordelike dele van Transvaal, die Krugerwildtuin, Zoeloeland, Zimbabwe (Rhodesië) en Mosambiek. ’n Klein kudde van ongeveer dertig woon ook in die Oranjerivier benede die Aughrabies-waterval. Hulle is verwant aan die vark. Die sogenaamde seekoeigate waar seekoeie gerol het, is ook nie ongewoon nie. Hulle is buitengewone goeie swemmers en kan minute lank onder water bly. Hoewel dit vandag verbode is om seekoeie te skiet, is hulle vleis besonder lekker. ’n Bul is ongeveer 4 voet hoog en 14 voet lank. Sien Huberta en Soogdiere.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Seehulpbron
Volgende onderwerp: Seeleeu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 02:09:40 MGT 2024