Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Ortografie van die onbepaalde lidwoord ('n of ’n)
Ortografie van die onbepaalde lidwoord [boodskap #123274] Di, 01 Januarie 2019 18:59
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Mense gebruik verskillende variasies van die onbepaalde lidwoord ['n]. Dit is nou die afkappingsteken wat in die plek van "ee" in die Nederlandse woord "een" staan, dus afkappingsteken + n. Hier is 'n paar vorme wat ek in Afrikaanse tekste teëgekom het, met 'n aanbeveling langsaan (laat weet as u hiermee verskil).

Die gewone afkapteken/ apostroof: 'n
Die eenvoudigste en die maklikste om te tik omdat dit op 'n gewone sleutelbord voorkom. Die vorm lyk meestal redelik goed.

ASCII 146: ’n
Meer deftig en tipografies meer korrek. Dit is egter moeilik om te tik omdat die karakter nie op 'n normale sleutelbord voorkom nie. Op klein groottes lyk dit in elke geval presies soos die gewone afkapteken.

Unicode U+0149: ʼn
'n Enkele karakter; en dit lyk nogal reg ook!
Die karakter word egter uitgefaseer en moet dus liefs nie gebruik word nie. (details)

Foutiewe vorme:
′n, `n, ‘n, ñ of die ergste n (sonder enige afkappingsteken).
Hierdie vorme moet vermy/ reggemaak word!

As ek 'n aanbeveling kan waag: Gebruik die eenvoudige afkapteken ('n) in alledaagse kommunikasie en gebruik die ASCII 146-karakter (’n) vir amptelike en formele tekste. Enige ander vorm moet liefs vermy word. Terloops, dieselfde geld vir enige ander woord met 'n afkappingsteken daarin, soos die negatiewe g'n en ander woorde.
Vorige onderwerp: Afrikaanse spraaksintese
Volgende onderwerp: Afrikaans word frequency
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:34:20 MGT 2024