Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Skoolseun geskors oor geskiedenis
Skoolseun geskors oor geskiedenis [boodskap #12143] Vr, 16 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
bjp  is tans af-lyn  bjp
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
http://www.hnp.org.za./afrikaner/janua2/skors.htm

16 Januarie 1998

Skoolseun geskors oor geskiedenis

ERNEST HOFMEYR, 'n leerling van die Noorderlig Gekombineerde Skool op Petit is
uit die skool geskors omdat hy verlede jaar geweier het om die
Geskiedenisvraestel te skryf. Die vraestel was vol volksvreemde vrae wat
daarop gemik was om die Afrikaner te benadeel en van sy erfenis te vervreem.

Die hoof het aan Ernest die keuse gestel om óf die vraestel te skryf, óf
geskors te word. Hy het geweier om die vraestel te skryf, en is vanjaar
toegang tot die skool geweier.

Die hoof van die skool, mnr. Swart, het geweier om met Die Afrikaner te praat,
en die koerant is verwys na mnr. Arrie Hattingh, die voorsitter van die
Beheerliggaam. Hy het dit benadruk dat Ernest nie geskors is nie, maar dat hy
vyf dae lank weerhou word van skool. Binne hierdie vyf dae moet die skool 'n
verslag aan die Onderwysdepartement voorlê, waarna hulle 'n beslissing sal gee
oor wat met hom moet gebeur. Hy het dit ook beklemtoon dat die besluit om so
op te tree, eenparig deur 'n volle vergadering van die Beheerliggaam geneem
is. Hy het gesê dit gaan oor die toepassing van dissipline.

Toe mnr. Hattingh daarop gewys is dat die beswaar oor die vak Geskiedenis
gaan, en die leerling laat weet het dat hy nie die vraestel kan beantwoord
nie, omdat dit indruis teen sy beginsels en sy Afrikanerwees, was die antwoord
dat die kurrikulum deur die Departement neergelê is, en dat die skool verplig
was om dit na te volg.

Hierop is mnr. Hattingh gevra of die Beheerliggaam nagegaan het of die
betrokke leerstof wel in stryd is met Afrikanerbeginsels aldan nie, het hy
erken dat sekere leerlinge beswaar kon hê teen bepaalde gedeeltes in die
leerplan. Hy het egter daarop gewys dat Ernest gedurende die jaar daarteen
beswaar moes aanteken, en nie eers tydens die eksamen nie. Dit was ook nie
sinvol om teen die onderwysstelsel te baklei nie, aangesien die Afrikaner nie
saamgestaan het nie.

Toe mnr. Hattingh is gevra waarom daar so drasties opgetree is teen 'n kind
wat by sy beginsels staan, het hy laat weet dat die Beheerliggaam vir Ernest
die geleentheid gegee het om verskoning aan te teken. Hy is daarop gewys dat
Ernest wel skriftelik verskoning aangeteken het. Sy reaksie hierop was dat die
verskoning nie in ooreenstemming met hulle eise was nie.

Vervolgens is mnr. Hattingh gevra of die kind in stryd opgetree het met die
etos en lewensbeskoulike van die skool. Mnr. Hattingh het benadruk dat die
skool staan vir Afrikanerwaardes, en dat die Beheerliggaam bestaan uit
Afrikaners wat sterk voel oor hulle identiteit. Op 'n vraag of hulle dan nie
uit hulle pad moes gegaan het om 'n kind wat by sy beginsels staan, te
akkommodeer nie, in plaas van om hom uit te lewer aan 'n onsimpatieke
Onderwysdepartement onder leiding van Mary Metcalfe wat saam met haar
amptenary bestaande uit volksvreemdes, wat geen aanvoeling vir hierdie kind se
probleem sou hê nie, het mnr. Hattingh geantwoord dat hulle billike optrede
van die Departement verwag. Nogtans het hy saamgestem dat die leerling nie in
stryd met die etos en Afrikanerbeskouings van die skool opgetree het nie.

Toe hy daarop gewys is dat die leerling aan die skool en die Beheerliggaam die
voorbeeld gestel het van hoe hulle eintlik moes opgetree het, dat 'n
onvolwasse kind aan sy meerderes die voorbeeld gestel het hoe om by jou volk
se beginsels te staan, was sy antwoord dat hulle alles probeer het om die saak
te skik, maar dat die skool nie kan bekostig dat sy dissipline ondermyn word
nie. Die gevaar het bestaan dat ander leerlinge sy voorbeeld kon volg.
Re: Skoolseun geskors oor geskiedenis [boodskap #12200 is 'n antwoord op boodskap #12143] Ma, 19 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Key Bored  is tans af-lyn  Key Bored
Boodskappe: 84
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
"bjp" wrote:

> ERNEST HOFMEYR, 'n leerling van die Noorderlig Gekombineerde Skool op Petit is
> uit die skool geskors omdat hy verlede jaar geweier het om die
> Geskiedenisvraestel te skryf. Die vraestel was vol volksvreemde vrae wat
> daarop gemik was om die Afrikaner te benadeel en van sy erfenis te vervreem.

Ek wens ek het aan daai ekskuus gedink die jare wat ek te lui was om
te swot. "Meneer, hierdie teksboek is vol nasionalistiese
verdraaiings wat daarop gemik is om die bewind van die huidige stel NP
poepolle te legitimeer". Miskien sou ek dan ook sulke mooi,
objekitewe berigte oor my penarie op die internet kon lees.

Andries
Re: Skoolseun geskors oor geskiedenis [boodskap #12237 is 'n antwoord op boodskap #12143] Wo, 21 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Jan 1998 05:01:34 GMT, nos...@nospam.za (Key Bored) wrote:
<<>Ek wens ek het aan daai ekskuus gedink die jare wat ek te lui was om
> te swot. "Meneer, hierdie teksboek is vol nasionalistiese
> verdraaiings wat daarop gemik is om die bewind van die huidige stel NP
> poepolle te legitimeer". Miskien sou ek dan ook sulke mooi,
> objekitewe berigte oor my penarie op die internet kon lees.>>

Ja, klink nogal of hy verkeerd gespot het.

Stupid aan albei kante, klink dit my.
'n Mens wonder of die kind sy hele lewe lank dinge gaan side step wat
dalk negatiewe elemente kan oplewer as hy dit sou ondersoek.

(Dan wonder ek ook ook die interne logika van sy standpunt. Hy se hy
weier om dit te antwoord omdat dit negatief gaan wees. Beteken dit nie
dat hy dit in sy kop reeds ondersoek/geantwoord het nie? Glo hy dan
dat die aksies van skryf magies is?)

Wat die skool betref, hoekom laat hulle die mannetjie nie net toe om
nie te antwoord nie en gee hom nul vir daai vraag? Dis mos maklik.
Of as hy die hele vraestel nie wil antwoord nie, dop hom net.
Vorige onderwerp: Matriek Uitslae
Volgende onderwerp: randse, afrikaanse, universiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:42:53 MGT 2024