Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hokkie
Hokkie [boodskap #122186] So, 16 Desember 2018 16:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hokkie word gespeel.
Hokkie word gespeel.
Hokkie is 'n bal-en-stokspel wat deur twee spanne gespeel word. Elke span het elf spelers wat gekromde stokke gebruik om 'n bal op die grond te slaan. Die veld is soortgelyk aan 'n sokkerveld en doele word aangeteken wanneer die bal in die teenstanders se doelhok ingeslaan word.

Die vroegste bekende georganiseerde hokkiewedstryde in Suid-Afrika het in 1899 op Nuweland, Kaapstad, plaasgevind, en is gereël deur V.A. van der Byl, wat ook die stigter en eerste president van die Westelike Provinsie Hokkie-unie in 1902 was. Die spel is na die binneland uitgebrei hoofsaaklik as gevolg van die teenwoordigheid van die Britse garnisoene. In 1904 is die spel, gegrond op die reëls van die Hockey Association van Engeland, in die Oranje-Vrystaat georganiseer en in 1906 in Transvaal. Die sport het aanvanklik stadig vordering gemaak, maar in 1919 is stappe gedoen om 'n Nasionale Liga in te stel. Die Suid-Afrikaanse Hokkie-unie is eers in 1924 gestig. Dit dek destyds sowel die vier provinsies van die Republiek as Zimbabwe (Rhodesië) en Namibië (Suidwes-Afrika). Die eerste toer van 'n Britse span het in 1925 plaasgevind en in 1927 het die eerste Suid-Afrikaanse span Brittanje en België besoek. Sedertdien was daar verskeie oorsese toere, onder meer, Suid-Afrika in Europa (1953), Engeland in Suid-Afrika (1954). Amerika en Skotland in Suid-Afrika (1958) en Suid-Afrika in Europa (1959).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hofmeyr, Sy Edele Jan Hendrik
Volgende onderwerp: Holkrans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:58:20 MGT 2024