Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hoernle, Professor R.F. Alfred
Hoernle, Professor R.F. Alfred [boodskap #122179] So, 16 Desember 2018 16:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor R.F. Alfred Hoernle was 'n Suid-Afrikaanse filosoof. In Duitsland gebore waar hy studeer en ook aan Oxford. Begin sy loopbaan as lektor aan die Universiteit van St. Andrews. In 1908 word hy aangestel as professor in Filosofie aan die South African College, Kaapstad en bly tot 1911. Hy gaan na Newcastle-on-Tyne, waar hy van 1912 tot 1914 bly en weer van 1920 tot 1923. Van 1914 tot 1920 was hy assistent-professor in Filosofie aan Oxford. Hy verhuis na Johannesburg waar hy dekaan van die Departement Filosofie aan die Universiteit van die Witwatersrand was tot sy dood. Afgesien van sy baie werke oor sy eie vak was hy 'n pionier op die gebied van rassebetrekkinge in Suid-Afrika en bekend vir sy liberale uitkyk. Oorlede in 1943-

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hoernle, Agnes Winifred
Volgende onderwerp: Hoetjesbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 15:10:03 MGT 2024