Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hoernle, Agnes Winifred
Hoernle, Agnes Winifred [boodskap #122178] So, 16 Desember 2018 16:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Agnes Winifred Hoernle was 'n Suid-Afrikaanse volkekundige en maatskaplike werkster. In 1890 in Kimberley gebore. Dogter van senator W.K. Tucker. Sy het 'n briljante akademiese loopbaan gehad aan die South African College, Kaapstad, Newnham College, Cambridge, Leipzig en Bonn in Duitsland en in Parys. Met haar terugkeer na Suid-Afrika onderneem sy 'n navorsingsprojek in die Richtersveld om die plaaslike stamme te bestudeer en sit haar werk voort in Namibiƫ (Suidwes-Afrika). Sy tree in die huwelik met prof. R.F.A. Hoernle, en sit haar eie werk jare lank voort as 'n toonaangewende skrywer van maatskaplike volkekunde en verwante onderwerpe. Oorlede in 1960.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hoep-Hoep
Volgende onderwerp: Hoernle, Professor R.F. Alfred
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 23:11:40 MGT 2024