Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hartbeeshuis
Hartbeeshuis [boodskap #122103] Sa, 15 Desember 2018 17:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Hartbeeshuisie.
'n Hartbeeshuisie.
'n Hartbeeshuis (paal-en-kleihuis) is 'n primitiewe bouvorm wat baie deur die vroeë Suid-Afrikaanse setlaars gebruik is en gebaseer is op die stelsel wat deur baie Bantoes vir hulle hutte gebruik is. 'n Raamwerk van pale word opgerig waartussen jong boomstamme en takke gevleg word. Wanneer dit stewig genoeg is, word die hele huisie met dik lae modder of klei bedek. Sulke huisies of hutte het dié voordeel dat dit baie gou gebou kan word, maar dit kan maklik deur insekte verniel word en in swaar reëns meegee.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hartbeeshoek
Volgende onderwerp: Hartebeesfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:35:39 MGT 2024