Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Harrismith
Harrismith [boodskap #122099] Sa, 15 Desember 2018 17:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harrismith is 'n dorp in die Oos-Vrystaat, vernoem na goewerneur sir Harry Smith van die Kaap. Gestig in Mei 1849. Dit lê aan die voet van Platberg en is bekend vir sy pragtige omgewing en verfrissende klimaat; 5,321 voet bo seespieël. Belangrik in die oorloë teen die naburige Basoeto's en weer in die Tweede Vryheidsoorlog toe sy strategiese ligging belangrik was. Nou 'n nywerheidsentrum met groot wolfabrieke waarmee kort na die Eerste Wêreldoorlog begin is. Dit hanteer ook baie van die handel met Lesotho. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 15,600 (4,200 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Harris, Sir William Cornwallis
Volgende onderwerp: Harrison, George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:06:47 MGT 2024