Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » O, Die Pyn-Gedagte - Totius
O, Die Pyn-Gedagte - Totius [boodskap #92222] Di, 20 April 2004 21:50 na volgende boodskap
Ooskus  is tans af-lyn  Ooskus
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Junior Lid
O DIE PYN-GEDAGTE

O Die pyn-gedagte: My kind is dood! . . .

dit brand soos 'n pyl in my.

Die mense sien daar niks nie van,

en die Here alleen die weet wat ek Iy.

Die dae kom en die nagte gaan;

die skadu's word lank en weer kort;

die drywerstem van my werk weerklink,

en ek gaan op my kruisweg vort.

* * *

Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,

so, dat my lewe se glans verdwyn:

Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!

en - ek gryp na my bars van die pyn.

O Die bliksemgedagte! . . . Ja, lieflingskind,

een straal het jou skone liggaam verskroei,

maar bliksemstrale sonder tal

laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer so os 'n vlindertjie,

sy 't lugtig omheen geswerf;

'n asempie wind kon haar vlerkies breek

en - kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,

dis een uit die tienduisend,tal,

en ag, dat dit sy was, en ek moes sien

dat sy dood in my arms val!

O Die pyn,gedagte: My kind is dood!

dit brand s06s'n pyl in my;

die mens die sien daar niks nie van,

en die Here alleen die weet wat ek ly.
Re: O, Die Pyn-Gedagte - Totius [boodskap #92242 is 'n antwoord op boodskap #92222] Wo, 21 April 2004 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Watter vloekwoord bedoel jy hier?

Max____________________________

"Ooskus"

> dit brand s06s'n pyl in my;
Re: O, Die Pyn-Gedagte - Totius [boodskap #121565 is 'n antwoord op boodskap #92242] So, 02 Desember 2018 08:12 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
> dit brand s06s'n pyl in my;

dit brand soos 'n pyl in my Smile
Vorige onderwerp: Op soek na 'n gedig
Volgende onderwerp: "Voshaarnooi" deur Boerneef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:54:17 MGT 2024