Jan die Man Boodskappe: 521 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
DIE OUKRAAL-LIEDJIE
Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam;
sing ons van waterstrome, slange in olienhoutbome
en 'n ribbok wat daar teen die rantjie staan.
Ons sing, (ons sing,) ons speel (ons speel)
van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel, sal verveel.
Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraal-liedjie saam.
Woorde: MANAS en AMIE DE VILLIERS
Musiek: J.A. BROWN;
Verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
As jy (soos ek) gewonder het wat op aarde 'n mandolientjie en 'n bandolientjie is:
'n Mandolien (Engels: Mandolin) is 'n musiekinstrument (tokkelinstrument).
"Bandolientjie" klink soos 'n troetelnaam vir 'n 'n banjo, natuurlik ook 'n snaarinstrument.