Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Rus in Vrede
Rus in Vrede [boodskap #121037] Sa, 17 November 2018 05:40 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ná oom Piet se afsterwe het tant Sannie die oom se lyk laat veras. Die as is in 'n mooi erdehouer aan haar terugbesorg. Die tannie skryf toe in haar eie handskrif op die houer: "Rus in Vrede". Sy het die houer bokant die stoof in die kombuis geplaas waar sy dit elke dag kon sien.

So 'n maand of drie later besluit die tannie om te gaan inkopies doen. Sy, vra vir Violet, haar huishulp, of daar enigiets is wat sy benodig.
"Ja mevrou", sê sy toe, "ons Rus in Vrede-spices is op".
Re: Rus in Vrede [boodskap #121040 is 'n antwoord op boodskap #121037] Sa, 17 November 2018 08:11 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Man kom huilend by 'n dominee aan.

Dominee: "Hoekom so hartseer broer?"
Man: "My hond is dood - sal Dominee hom begrawe asseblief?"
Dominee: "Nee broer, ons begrawe nie diere nie. Probeer die AGS oorkant die straat."
Man: "Goed, dink u hulle sal 'n donasie van R50 000 aanvaar?"
Dominee: "My magtig broer, kom sit, pleks jy sê dis 'n NG hondjie!"
Vorige onderwerp: Bier
Volgende onderwerp: Van der Merwe en die Kamele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 02:52:38 MGT 2024