Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Leeuloop (Solank jy net Leeuloop)
Leeuloop [boodskap #120867] Sa, 03 November 2018 14:57 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Robbie Wessels se Leeuloop het nou al volksbesit geword. Sy rukkerige dansiepassies, gewoonlik in 'n spandex-nommertjie wat 'n paar groottes te klein is, het die hele land aan die gons gehad. Die liedjie vertel die verhaal van 'n besoek aan 'n kroeg in Parys in die Vrystaat. Tydens die besoek word daar (vermoedelik na 'n paar drankies) pronkerig soos 'n leeu geloop en gebrul. Hierdie snit is op Wessels se tweede album, Halley se Komeet, beskikbaar en is in 2006 as Huisgenoot se Liedjie van die Jaar aangewys. In 2007 is dit in die rolprent Poena is Koning gebruik. Vodacom het dit ook vir 'n reklameveldtog ingespan en die advertensie is gereeld tydens rugbywedstryde op TV uitgesaai. 'n Variasie van die lied is as temalied vir die 2013-rolprent 100 meter Leeuloop gebruik.



Leeuloop
Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil.
Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil.

Daar is 'n lelike ding wat kopwys, in Parys.
Iets heeltemal anders as 'n bike race of 'n kopluis of by bachelor parties muis wys.
Op 'n barstoel by 'n braai, sit 'n ou en eet sy slaai.
Asseblief my lief se ja!
Kan ek Leeuloop?
Die ouens het mooi gevra.

Nou as jy weet wat die Leeuloop is, en jy weet waar die leeu moet rus.
Maak jou broek en jou belt los geleidelik, die Leeuloop is baie verleidelik.
En ek gaan hom nou stap vir stap verduidelik.

Knyp, twee balle vas tussen jou bene.
Met jou hande en jou knieë op die stene, trek af jou broek en brul.
As jy wil.
Solank jy net Leeuloop.

Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil.
Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil.

My boetie Brollocks wou die Leeuloop uitraai, by 'n spitbraai.
Ek staan eenkant en ek kou aan 'n garage pie.
Toe ek omdraai, staan die SABC daar en wil dit uitsaai.

Nou hy't geweet wat die Leeuloop is, en hy't geweet die leeu moet rus.
Hy maak sy broek en sy belt los geleidelik.
Hy weet die Leeuloop is baie verleidelik.
Op SABC 2 het hy hom stap vir stap verduidelik.

Hy knyp twee balle vas tussen sy bene.
Met sy hande en jou knieë op die stene, hy trek af sy broek en brul.
Want hy wil.
Hy weet hy moet Leeuloop.

Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil.
Tennisballe, krieketballe, snoekerballe as jy wil.

Knyp, twee balle vas tussen jou bene.
Met jou hande en jou knieë op die stene, trek af jou broek en brul.
As jy wil.
Knyp, twee balle vas tussen jou bene.
Met jou hande en jou knieë op die stene, trek af jou broek en brul.
As jy wil.

Solank jy net Leeuloop.
Solank jy net Leeuloop.
Solank jy net Leeuloop.
Solank jy net Leeuloop.
Re: Leeuloop [boodskap #120868 is 'n antwoord op boodskap #120867] So, 04 November 2018 07:30 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ek het toevallig op hierdie "Leeuloop vir dames" afgekom. Ek weet nie wie dit geskryf het nie, maar dis erg snaaks:

Knyp twee blomme vas tussen jou buuste,
met jou hande en jou voorkop op jou lieste.
Trek af jou panty en gil,
as jy wil,
solank jy net leeuloop.

Doen dit veral op spitstyd,
as hy sport kyk,
net om te sien hoe sy gesig lyk.
Vorige onderwerp: Cool Soos Koos Kombuis
Volgende onderwerp: Wandellied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 16:31:46 MGT 2024