Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Uit die argiewe - SARIE MARAIS
Uit die argiewe - SARIE MARAIS [boodskap #118098] So, 06 Julie 2008 11:35 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
From: "Annette"
Date: Sun, 27 Nov 2005 08:36:21 +0200
Subject: My Sarie Marais

1)Sarie Marais photographed in Pietermaritzburg 1857 in her wedding dress a
few days after her marriage to Louis Jacobus Nel.

The Story behind the Song
How was Sara Mare's name linked to the famous song Sarie Marais?
Jac Uys said that the American folk song Ellie Rhee was included in a book
The Cavendish Song Album. When Ella de Wet, wife of General Louis Botha's
military attaché N.J.de Wet came to the battle front to see her husband she
often played on the piano while the nearby burghers sang songs from the
album. One of the songs was Sweet Ellie Rhee:

Sweet Ellie Rhee, so dear to me
Is lost forever more
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war
Then carry me back to Tennessee
Back where I long to be
Amid the fields of yellow corn
To my darling Ellie Rhee.


The song was soon translated into Afrikaans and Sarie Mare' (which only
recently became Marais) was substituted for Ellie Rhee. The burghers wanted
to honour their field padre Dominee Paul Nel who often told stories around
the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie Mare':

My Sarie Marais is so ver van mij af
Ek hoop haar weer te sien
Sy het in die wijk van Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin
O bring my terug na die ou transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mieleis by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais


The song Sarie Marais has been translated into many languages including
Frech, Italian and Russian.

"Beside the green thorn tree" (by die groen doring boom)
The Natal Witness Monday March 8 1993 page 7
Investigations editor Tony Oosthuize

Nineteen years ago Pietermaritzbug man Jac Uys, member of the natal
Historical Society and the Voortrekker Monument Council, discovered the
grave of Sarie Marais, the woman of the popular Afrikaans folksong.

According to Uys Sara Mare' was born in Uitenhage, Cape Province, South
Africa on may 10, 1840 and married Louis Nel at the age of 17. She met him
in Umvoti Poort while visiting her uncle. The couple undertook a year long
trip to Uitenhage to Sara's parents before settling at Welgegund farm. She
died at the age of 37 after giving birth to her 11th child and was buried
near the old homestead.
Those who wish to visit the grave of Sarie Marais are very "welcome," says
Welgegund's owner Gert von Beneke. ( ek ken hom hy stel net belang in polosport )
From Greytown (Natal) take the Kranskop / Stanger road for about 14km. Turn
left at district road D479 and drive 2 kilometers. Turn left at the driveway
opposite the farm of C.W.Robertson also called Welgegund.

2)SARIE MARAIS en die dossier
In 1962 skryf Tobie Brümmer 'n artikel "Was sy Sarie Marais?", in Die
Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom gelei na
'n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid oor die
legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en bevat al
die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende artikel te
skryf.

Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? Net met
die wysheid van Salomo kan hierdie vraag beantwoord word, want:

'n Vrou van Durban, mev. Janie Malherbe, sê 'n mev. Ella de Wet is die
skrywer van die lied en Sarie Marais was 'n mev. Nel;

Drie susters van Bellville, mejj. Jeanette, Garty en Dana Toerien, sê daar
is by hulle geen twyfel dat hul vader die lied se woorde geskryf het nie.

In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek 'n interessante dossier
raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou dokumente
en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van Bergvliet
versamel is. Hy is 'n neef van die Toerien-susters.

Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die Volksblad, Jan
Burger, rubriekskrywer in 'n Engelstalige koerant, en Lawrence Green, wat
kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul boeke
kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader aan die
oplossing nie.

Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer onder die
openbare aandag gekom toe 'n verslaggewer van Die Volksblad in Bloemfontein
by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het mev.
Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar man,
J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as Jepete,
die skrywer van die woorde is.

Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer versoek
om nie 'n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig eers
aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter later
daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie.

Die saak is daar gelaat totdat 'n briefskrywer in Die Volksblad beweer het
dat die skrywer van die lied darem 'n papbroek was, want hy was dan "so bang
dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie oorspronklik
gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."(sic.)

Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle gesê,
"ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik ná 'n
hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos
voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere
inligting by sy groot dossier voeg nie.

Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek hulle
hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen bohaai
daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel nie
dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die
oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig verander
is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit.

Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek woon, is
waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of haar
vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar moeder se
dood in 1939 is die kinders versoek om 'n trommel met waardevolle ou
dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was, kan nie
een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd gevoel
het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op
danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie.

Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te
vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. 'n gedig gesien wat haar
vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het. Sy het
ook ander gedigte daarin gesien.

Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike woorde van
Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik die
oorspronklike kopie.

Wyle mev. Toerien was 'n nooi Maré, en dit is lankal reeds bekend dat Sarie
Marais eers Sarie Maré was. In die dik dossier is daar vier ander gediggies
wat betrekking het op lede van die skrywer Jepete se skoonfamilie, Martha
Maré, Nettie Maré, Lilly Maré en Sannie Maré.

Vir 'n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook 'n gediggie oor
sy vrou geskryf het nie. So 'n gedig kon nog nooit opgespoor word nie,
behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so 'n gedig
gesien het.

"Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar dood
opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand anders
besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal haar
lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders snaaks dat
sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word nie."

Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met haar
na die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel nie.
"Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag vernietig wou
sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle.

Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan boekdele
vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie Malherbe,
wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde.

Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev. De
Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om dit te
publiseer.

Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet, later
hoofregter van die Unie, het op 'n dag in 1902 by genl. Botha se kommando in
die omgewing van Utrecht opgedaag. In 'n ou plaaswoning het sy die burgers
onthaal deur op 'n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval gevind
het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is.

'n Ds. Nel, wat die kommando's as kapelaan vergesel het, het die Boere
vertel van sy moeder wat so 'n beeldskone mens is, en die burgers het die
woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais ontstaan,
sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur 'n Kaapse drukker uitgegee, soos
saamgestel deur Ella de Wet.

En as 'n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar beslis
'n ooreenkoms. Ellie Rhee lui so:

Sweet Ellie Rhee so dear to me,
Is lost forever more;
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war

KOOR:
Then carry me back to Tennessee,
Back where I long to be;
Among the fields of yellow corn;
To my darling Ellie Rhee.


Sarie Marais, soos dit in die jare twintig gesing is, het so gelui:

My Sarie Maré is so ver van my hart,
Om haar nooit weer te sien,
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Voordat die oorlog begin.

KOOR:
O neem my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Maré.


Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die
Afrikaanse weergawe nog 'n versie deur mev. De Wet gevoeg.
Re: Uit die argiewe - SARIE MARAIS [boodskap #118099 is 'n antwoord op boodskap #118098] So, 06 Julie 2008 20:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die F.A.K. Volksangbundel sê hulle die volgende:

"Teks waarskynlik deur
(a) J.P. Toerien of
(b) Dirk van Alphen of
(c) Susters Bezuidenhout
(d) B.A. de Wet ( vers 3)"

Musiek: SEP WINNER, na "Sweet Ellie Rhee" uit Scottish Students Song Book, 1891; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Re: Uit die argiewe - SARIE MARAIS [boodskap #120844 is 'n antwoord op boodskap #118099] Sa, 27 Oktober 2018 06:12 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hier is 'n video van Sarie Marais gesing deur Heino, een van die mees suksesvolle Duitse sangers van alle tye.
Die video bevat mooi prentjies van diere, die kangaroe en kamele in dalk net so effens uit plek uit Razz


Vorige onderwerp: Afrikaanse musiek ... Waar soek jy
Volgende onderwerp: Cool Soos Koos Kombuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:08:49 MGT 2024