Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Busrit in die Aand" deur Elisabeth Eybers
"Busrit in die Aand" deur Elisabeth Eybers [boodskap #120813] Do, 11 Oktober 2018 07:00
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/39/0/Busrit in die Aand
(Elisabeth Eybers)

Elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
die werkers van die stad wat huis toe gaan.

Skaduwee-skimme gly verby... Dis laat,
en lang ligvaandels wapper oor die straat
soos oor 'n dam die blinkpad na die maan.

Ons ploeg deur stormsee met ons kaperskuit:
die stuurman voor, die passasiers die buit
wat ons as slawe huis toe bring vanaand...

Die vaartuig waggel afdraand, om die draai
met skril gekners en skommelende swaai,
en hyg en skok en snork en swoeg opdraand,

terwyl ons, soos twee kinders opgetoë,
mekaar toelag met glinsterende oë...
Asof hul jammerlik hul lot kan raai,

sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
die werkers van die stad wat huis toe gaan.
  • Aanhangsel: bus.jpg
    (Grootte: 196.11KB, 911 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: "Toe die wêreld nog jonk was" deur A.G. Visser
Volgende onderwerp: "By Pramberg blêr 'n moflam" deur Boerneef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 20:45:14 MGT 2024