Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Suid-Afrika se nuwe dinosourus (Ledumahadi mafube)
Suid-Afrika se nuwe dinosourus [boodskap #120802] Do, 04 Oktober 2018 06:33
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/36/0/ 'n Nuwe eg Suid-Afrikaanse dinosourus is in die Vrystaat ontdek. Die gedierte heet "Ledumahadi mafube" en het sowat 200 miljoen jaar gelede in die gebied rondom Clarens voorgekom. Dit het 12 ton geweeg, met 'n lang nek, lang stert en 'n skofhoogte van 4 meter. Dit was die grootste landdier van sy tyd, omtrent twee keer so groot soos 'n hedendaagse Afrika-olifant.

Die spesie is verwant aan die souropodes (dinosourusse met lang nekke en sterte, maar klein koppe en dik, bonkige bene), wat die bekende Brontosaurus insluit. In 'n sekere sin kan mens aan hulle dink as daai tyd se koeie wat in die veld gewei en smaaklike plante verorber het. Hulle het egter dik pote soos moderne olifante gehad, hoewel die voorpote meer gebuig (gehurk) was. Dit is belangrik omdat dit die oorgang van tweepotige na vierpotige souropodes verteenwoordig.

Die naam, Ledumahadi mafube is Suid-Sotho vir "reusedonderslag teen dagbreek". Die eerste deel, "Ledumahadi" beteken "groot donderslag" en die tweede deel, "mafube" is die eerste lig net voor sonop.

Navorsing oor die dinosourus is op 27 September 2018 aangekondig deur Jonah Choiniere (Wits), Jennifer Botha-Brink (Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Bloemfontein) en Emese Bordy (Universiteit van Kaapstad). Hulle het dié nuwe spesie van van 'n enkele, onvolledige skelet wat opgegrawe is beskryf.

Aangeheg is 'n rekonstruksie van hoe Ledumahadi mafube moontlik kon lyk, met nog 'n Suid-Afrikaanse dinosourus, Heterodontosaurus tucki, op die voorgrond. Krediet: Viktor Radermacher.
Vorige onderwerp: Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker?
Volgende onderwerp: ANC verloor hul webtuiste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:09:05 MGT 2024