Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Slaap" deur D.F. Malherbe
"Slaap" deur D.F. Malherbe [boodskap #120764] Vr, 07 September 2018 17:31
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
SLAAP
deur D.F. Malherbe

Wat is die slaap 'n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
"Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.

Sluit so my oë, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

---

Die gedig handel oor 'n kind wat rustig in die veiligheid van haar vader se arms aan die slaap raak. Dit lei tot die simboliek van 'n volwassene wat so in die arms van sy hemelse vader wil sterf. Let op die gebruik van omarmde rym (abba).
Vorige onderwerp: "Klein Ondeug" deur Jan F. E. Cilliers
Volgende onderwerp: "Ag, sy het nie gesterwe nie" deur Totius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 03:24:32 MGT 2024