Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Beter Afrikaans (Verbeter jou Afrikaans)
Beter Afrikaans [boodskap #120723] Sa, 11 Augustus 2018 07:49 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/47/0/Beter Afrikaans is 'n webtuiste met 'n klomp inligting oor Afrikaans. Wat hulle egter uniek maak is die daaglikse toetsie wat daar afgelê kan word.

Die toets bestaan uit vier veelkeusevrae en neem ongeveer twee minute om te voltooi. Gebruikers kan tussen drie vlakke kies: maklik (vlak 1), gemiddeld (vlak 2) en moeilik (vlak 3). Sodra die toets voltooi is, word die regte antwoorde saam met aanvullende inligting vertoon. Lede wat geregistreer is sal daagliks 'n e-pos ontvang om hulle aan die dag se toets te herinner.

Mense wat sou wou kan ook 'n groep skep of by 'n bestaande groep aansluit om hulself teen mekaar te meet. Die lede van die groep sal dan mekaar se punte sien.

Hier is 'n paar voorbeeldvrae ter illustrasie van die tipe vrae wat gevra word:

  • Dit was so besig, daar was nie eers kans vir .... nie. [asemskep; asem skep; asem-skep]

  • .... boer met sonneblomme. [Henry hulle; Henry-hulle; Henry en hulle]

  • Watter een is korrek? [né; ; nê]
As jy jou Afrikaans wil verbeter kan ons http://beterafrikaans.co.za/ sterk aanbeveel. Doen die daaglikse toets, verbeter jou puntestand, nooi ander uit om deel te neem en leer speel-speel om die taal meer doeltreffend te gebruik.

Re: Beter Afrikaans [boodskap #120724 is 'n antwoord op boodskap #120723] Sa, 11 Augustus 2018 17:01 Na vorige boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Dankie vir die deel Smile
Vorige onderwerp: tentoonstel
Volgende onderwerp: Woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:02:27 MGT 2024