Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Mike en sy pikkewyne
Mike en sy pikkewyne [boodskap #120722] Vr, 10 Augustus 2018 07:15
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die polisie stop vir Mike met 'n kombi vol pikkewyne.
"En waar dink jy gaan jy met hierdie pikkewyne?" wil die konstabel weet.

"Hierdie pikkewyne is almal my vriende," antwoord Mike.
"Ons ry maar net 'n bietjie rond."

"Nee, nee, dit mag nie," sê die konstabel, en beveel Mike om die pikkewyne dadelik dieretuin toe te vat.

Die volgende dag stop dieselfde konstabel vir Mike op dieselfde plek, weer met die kombi vol pikkewyne. Hierdie keer het die pikkewyne egter almal sonbrille op.
"Ek dog ek het jou gister gesê om die pikkewyne dieretuin toe te vat?" vra die konstabel kwaad.

"Maar ek het," antwoord Mike.
"En vandag gaan ons strand toe."
Vorige onderwerp: Sien jy vir Jesus?
Volgende onderwerp: Sluipmoordenaar gesoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:26:19 MGT 2024