Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die arme blond darem
Die arme blond darem [boodskap #120649] Sa, 30 Junie 2018 06:45 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
1. Hoekom gooi die blond krummels in die toilet?
Sy voer die toilet duck.

2. Hoekom maak die blond net een skoenveter vas?
Want op die skoen staan "taiwan".

3. Hoekom staar die blond vasgenael na die resepteboek?
Die resep sê: "moenie roer nie".

4. Hoekom hou die blond leë bottels in die yskas?
Dis vir vriende wat nie drink nie.

5. Hoekom verf die blond haar huis met twee jasse aan?
Die blik verf se: "two coats."

6. Blond kla sy was 3 ure lank in hysbak vasgekeer as gevolg van kragonderbreking. Ander blond antwoord:
"Dis niks nie! Ek moes 3 ure op die roltrap staan gedurende die krag onderbreking!!

7. Blondine se ma gee haar geld om brood, melk en eiers te koop. Op pad winkel toe steel 'n dief haar geld en sien sy kom dit nie agter nie. Hy skree toe agterna: "whe-whe ek het tog jou geld gesteel!" sy skree toe terug: "whe-whe jy weet tog nie wat om te koop nie.
Re: Die arme blond darem [boodskap #120786 is 'n antwoord op boodskap #120649] Vr, 21 September 2018 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jong man by partytjie: "Ek sien jou glas is leeg. Kan ek vir jou nog enetjie gaan haal?"
Blond: "Nee dankie, wat moet ek met twee leë glase maak?"
Re: Die arme blond darem [boodskap #120809 is 'n antwoord op boodskap #120786] Di, 09 Oktober 2018 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die blondine stap by Fruit&Veg in -

Verkoopsman: "Middag Dame, kan ek help?"
Blondine: "Ja asseblief, ek het 'n braai vanaand en wil 'n ou slaaitjie maak en is op soek na ses prokureurspere."
Verkoopsman: "Wat, Dame, prokureurspere?"
Blondine: "Ja man, daardie groen goed met die groot pit in die middel!"
Verkoopsman: "Ooo, u bedoel avokadopere?"
Blondine: "Ja man, een of ander wetlike pere, gee vir my ses!"
Re: Die arme blond darem [boodskap #120818 is 'n antwoord op boodskap #120809] So, 14 Oktober 2018 09:47 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Twee blondines ry fiets:
Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat.
"Wat maak jy nou?"
"My saal is te hoog!"

Die ander blondine begin haar fiets se handvatsel en saal om te ruil:
"En wat maak jy nou?"
"Jy's te onnosel - ek het besluit om terug huis toe te ry!"

Twee blondines staan in die stort:
Blondine nr. 1 : "Leen my jou sjampoe, asb."
Blondine nr. 2 : "Gebruik jou eie sjampoe."
Blondine nr. 1 : "Ek kannie - op die houer staan "VIR DROË HARE" - en my hare is nou sopnat!"

Twee blondines staar na die volmaan:
"Dink jy daar's lewe op die maan?" vra die een.
"Moet wees - daar skyn dan 'n lig!"

'n Blondine wil haar ou kar verkoop, maar hy't reeds 250 000 km afgelê...
Sy vra toe raad by 'n vriend.
"As jy bereid is om iets onwettigs te doen, weet ek van 'n ou wat jou kilometers sal terugdraai," stel die vriend voor.
Die blondine volg die raad - en laat die kilometers terugdraai na 50 000.
'n Week of wat later loop sy weer haar vriend raak.
"Het jy toe jou kar verkoop gekry?" vra die vriend.
"Is jy mal? Met net 50 000 km hou ek hom liewer self!"
Vorige onderwerp: Sebra ontsnap
Volgende onderwerp: Gebed voor ete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:56:18 MGT 2024