Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 'Fancy dress' partyjie
'Fancy dress' partyjie [boodskap #120587] Vr, 04 Junie 2004 20:02
Wizzard  is tans af-lyn  Wizzard
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Junior Lid
'n Man met 'n houtbeen en 'n bles kry 'n uitnodiging na 'n "fancy
dress" partytjie.
Hy het egter nog nooit met so iets te doen gehad nie en skryf toe 'n
brief aan 'n maatskappy wat hulleself uitleen om jou te help met sulke
tipe probleme.

Hy verduidelik mooi wat sy voorkoms en gebreke is. 'n Week of wat
later kry hy 'n pakkie van die maatskappy af. In die pakkie is 'n sakdoek,
seerowerpak en 'n nota. Die nota lees as volg: "Neem die sakdoek, bind dit
om
jou kop en trek die seerowerpak aan.
Die drag en houtbeen sal jou mooi laat inpas by 'n seerower-tema."

Hoogs ontsteld en uiters gebelgd stuur die man vir die maatskappy 'n
brief en vertel hulle in baie ferm taal hoe beledig hy voel oor die
voorstel. Hy is dan nou juis so sensitief oor sy gebrek van die houtbeen.

Nog 'n week later daag daar weer 'n pakkie op met 'n monnikspak en
nota. Die nota lees: "Trek die monnikspak aan wat u houtbeen dan mooi sal
verdoesel.
Die monnikshoed en gewaad sal dan mooi saam met u bles inpas by 'n
kloostertema."

Nou is die man eers kwaad. Weer skryf hy vir hulle en stel dit baie
duidelik dat sy bles nie iets is om mee te spot nie.

Die volgende week kry hy weereens 'n pakkie van die maatskappy af
met 'n nota en 'n blik karamelstroop daarby. Die nota lees:
"Neem die blik karamelstroop en keer die volle inhoud daarvan oor u
bles uit. Neem dan u houtbeen, druk hom in jou gat op en gaan na die
geleentheid as 'n toffie-appel!"
Vorige onderwerp: Rooms katolieke kerk
Volgende onderwerp: Pasop vir taalsuiwerheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 02:06:37 MGT 2024