Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Fw: Koning Leeu
Fw: Koning Leeu [boodskap #120584] Ma, 13 Oktober 2003 17:20
Johann S.  is tans af-lyn  Johann S.
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
'n Ongelooflike depressie oorval koning leeu. Hy glo naderhand dat sy
onderdane hom nie meer as koning ag nie. Met die ingedagte stap hy na
die naaste PEP stores en koop vir hom 'n Nike keps, 'n kam en 'n RayBan
bril.

Swaarmoedig stap hy in die veldpaadjie en sien Zebra eenkant staan en
wei. Met 'n moedelose stem vra hy vir Zebra:"Ou Strepe, ou Strepe ek se,
wie is die coolste ou hier in die jungle?" Zebra kan sien hier is
moeilikheid en antwoord baie vinnig: "Natuurlik is dit jy koning Leeu".
Koning Leeu voel effe beter, vat die kam en kam sy maanhaar dat dit mooi
regop staan en stap verder.
Volgende sien hy Kameelperd waar hy aan 'n doringboom staan en kou.
Koning Leeu sluipstap tot naby Kameelperd en vra met effense
selfvertroue:"ou Kolle,ou Kolle ek se, wie is die coolste ou hier in die
jungle?" Kameelperd hik soos hy skrik en se: "Maar natuurlik is dit jy
koning Leeu."

Koning Leeu begin nou erg goed te voel, sit die Nike keps agterstevoor
op sy kop en stap verder. Hier kort by die paadjie kry koning Leeu vir
Ystervark snuffel langs die pad. Koning Leeu skud sy lyf en vra met
selfvertroue vir Ystervark:"Ou Penne, ou Penne ek se, wie is die coolste
ou hier in die jungle?" Ystervark sien hy is nie regtig in 'n posisie om
met koning Leeu te onderhandel nie en antwoord:"Dit is ongetwyfeld jy
koning Leeu."
Koning Leeu voel nou so goed dat hy die RayBan bril oor sy oe laat sak
en met groot gebaar agter sy ore haak. Hy stap so een en 'n halwe voet bo
die grond - so goed voel hy. So 'n ent van die watergat sien hy hoe
Olifant staan en water drink en bad. Met baie selfvertroue en 'n groot
stem vra koning Leeu van ver af:"Ou Dikkes, ou Dikkes ek se, wie is die
coolste ou hier in die jungle?" Geen reaksie van die olifant nie.

Koning Leeu stap nader, stamp Olifant met sy boude teen Olifant se
voorbeen en brul:"Ou Dikkes, ou Dikkes net ingeval jy nie gehoor het
nie, wie is die coolste ou hier in die jungle?" Die volgende oomblik
klap Olifant vir Leeu met sy slurp dat jy net sien Leeu, bril, kam en
Nike keps trek. Toe Koning Leeu uiteindelik tot stilstand kom skud hy
die stof af en se:"As jy nie die antwoord ken nie hoef jy nie agressief
te raak nie!"

--

QUIPd 1.02: (214 of 660)
-> " Why do they say 'till death do you part' Why not something
-> simple and faster like murder"
##2245 #'Mandrake Linux.'
Vorige onderwerp: Grappie - Polities korrek.
Volgende onderwerp: Annette........en meel!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:17:30 MGT 2024