Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Taxi to V Town
Taxi to V Town [boodskap #120583] Wo, 21 Augustus 2002 08:26
foilcut  is tans af-lyn  foilcut
Boodskappe: 25
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Taxi to V-Town -
hoe om jouself totally op te fok met 'n bike en leef om te vertel

Raait maatjies, maak vas julle seatbealts en sit die helmets op. Hier kom
iets wat onmoontlik klink, maar grifF het dit so paar jaar terug oorleef en
vertel vandag die storie. Skuif nader aan die heater, haal die Black Label
uit en skop daai bike se stand terug. Ware lewe, waarlik zef. Dis storietyd.

Wat jy gaan nodig hê:

'n 250cc Yamaha TW (die een met die electric start en die dik tekkie agter)
Houtkopweg in V-Town met heavy padwerke en fokol straatligte
'n Rooi taxi teen 140 km/h
'n Dronk poes in 'n wit Alfa
'n Helmet wat verkieslik op jou kop kan bly na die eerste crash
'n Redelike vinnige ambulans
'n Corupt traffice met lang vingers
'n Mediese fonds wat skrik vir fokol
'n Ortopediese chirurg wat uitmaak bene aanmekaar sit soos wat Bertie van
Egoli uitmaak van puzzles bou
Baie morphine, naald, garings, kateters, titanium penne, een van daai
hartmasjiene wat piep-piep maak en 'n rolstoel wat kan wheelie
Ons vat hom sommer van die tweede robot af, want toe was my spoed op so 100
k's 'n uur gewees. Ek het die bike net oorgesit 5de gear toe, toe die dronk
kont in die Alfa die stopstraat skip. Daar was omtrent twee sekondes voor
impact en dis wanneer jou pupille groot genoeg raak dat jy omtrent alles
agter jou kop ook kan sien. Ek kyk links en sien ek gaan myself om 'n
lamppaal vou; ek kyk regs en sien lekker slote en dromme van padwerke. Dan
onthou ek: "Jirre jou dom poes, die heavy gevaar is reg voor jou - die
fokken dronk ou in die kar."

Dis wat jy alles dink in twee sekondes. Wetenskaplikes en ander mense wat
daarvan hou om kak te praat sê mos mans dink heeltyd aan seks, so dit is
moontlik dat ek dit iewers in daai twee sekondes kon indruk.

Dan besluit grifF: "Ek gly nie 'n fok onder daai zef wiele in nie, maar ek
wil ook nie lyk soos iets uit World War II in daardie slote nie." Helaas
maar besluit om die krane groter oop te draai en die kar maar te stormloop.
Ten minste kan ek in die kant vasfok en bo-oor die fokken ding vlieg. Maybe
sal iets van die bike deur die deur steek en die onverantwoordelike poesneus
se tril afsny.

En jirre ek het veeeeer gevlieg.

Dan het ek nog twee sekondes om te check of ek my huis uit die lug uit kan
sien. Ek kon nie - daar was te veel fokken bome wat die nice view versper
het. Kont dan maar hard neer op die teer en weet nie hoeveel van wat jy
gebreek het nie. Shatterproof liniaal se ma se e-pos.

Die dronk doos klim uit sy Alfa uit en tune: "Oh fuck! Fuck! Fuck! Are you
OK!??" Ek lê half missionary oor die middel van die witlyn en druk myself
met my gebreekte arm lat ek darem op my rug lê en kan asem kry en skiem: "As
soon as I can move this arm, I'm gonna slap this bitch!" Dan kom jy ook nog
agter jy nuwe hemp en broek is ook in hulle se I love yous in. For vark
steaks!

Toe ek weer sien pull die cops in. Ek sweer voor God die koeltekont se
eerste vraag is: "Meneer, het jy 'n lisensie vir hierdie fiets?" en hy begin
'n kaartjie uiskryf vir R250. Dit was 'n ene sersant Wesley. Ek begin toe op
die poes skree dat die fokken karre my gaan trap, want daar is fokkol ligte
en die traffic is besig om op my blaasspiere te werk. Mens noem dit in elk
geval 'n bike en nie 'n fokken fiets nie. Ek dink nie hy het geluister nie,
want hy was besig om 'n fokken duur horlosie wat ek vir Krismis gekry het
van my gesonde arm af te steel. Die aasvoëls in die towtruck het gesorg vir
die bike se battery (al wat oor was, behalwe vir die seat) en my skoene en
die helmet wat so 100 meter verder gelê het.

Toe is dit wêna u taxi driver se beurt. Die traffice met die lang vingers
duik uit die pad en skree: "Lê plat!". Ek is natuurlik nuuskierig en sit
regop want ek het mos nou ekstra adrenalien om te waste. Bad mistake. Ek kon
toe al die fokken nommerplaat lees.

Taxi's het mos hierdie gewoonte om fokkol headlights te hê en minder brieke
as rolstoele, so ek kan verstaan dat die ou my nie kon sien nie. Ek dink net
dit was bietjie melodramaties van die ou om teen fokken 140km/h Good Year
oor my lyf te skryf en sy taxi so tagtig keer te rol en uit te bliksem en
niks oor te kom nie. Fokken skobo!

Mens sou dink dat ek op hierdie stadium al uitgepass sou wees. Noddefok
china. Die ambulans outjies kom aan met masjiene en draagbare en God weet
wat alles. Daai fokken sakkies met vloeistowwe en so aan. Ek is toe nog by
my positiewe en sê vir die ou dat hy nie hoef te worry nie. My rug is nog
fine en ek is nie verlam nie, want ek kan my tone nog sien wikkel want my
regtervoet lê langs my gesig. Ek sou sê dit was 'n skoon breek, want daar
het net skoon wit bene orals uitgesteek.

Imagine: Om deur 'n rooi taxi fucked gery te word en dan in een met rooi
ligte gelaai te word vir die roadtrip to salvation. Can you feel it brother!
10 minute later jaag hulle my by ICU in. Toe is dit fokken X-rays hier en
daar en orals deur mense met lood oorpakke.

Nog steeds pass ek nie uit nie. Ek lyk soos 'n Angola guerillasoldaat wat 'n
landmyn getrap het, maar nie eers dit is genoeg om my te laat beswyk nie. Ek
vloek almal fucked-up want hulle hou aan om anesthetics by my are in te
jaag. Daai tipe wat jou knock na so vyf sekondes. Vyftien minute later
luister hulle eventually na my en sit die gasmasker op. Ek trip my poes af
en pass uit. Twee dae later word ek wakker in 'n ambulans oppad na 'n ander
hospital toe. Toyota sou geld verloor het met hulle Hi-Ace adds.

My grocery lys het as volg gelyk aan die regterkant:

Enkel gebreek op drie plekke
Tibia en fibula gebreek (die onderbeen-onderdele)
Knieg in sy poes in.
Femur kan net sowel gebruik word drums mee te speel, want nou het ek twee in
plaas van een. Die vet wat aan die kant uitsteek kan gebruik word vir rugby
braais of ander Naked Chef tricks in die kombuis..
Regterheup poeskas toe
Pelvis oopgekraak soos 'n oyster. Dis oraait, ons gebruik net vier penne en
crosslinks (Hoffman apparaat) om daai outjie uit te sort. Dra hom vir twee
maande - baie handy om jou skinkbord op te rus as jy hospitaalkos tand.
Ribbes gekraak (ek kon ook nie hierdie een vertaan nie - kon die goed nie
maar net afbreek en klaarkry en deur my rug steek nie?)
Drie mediese terme vir drie vingers wat gebreek het. Kon darem 'n stukkie
van die headlights terugkry uit een vinger so maand later - heel per
ongeluk.
Radius en ulna in hulle se moer in (dis nou die gewrig en polsgoete)
Geen meer skouer aan die wiel sit vir my nie.
Kop hard genoeg teen die teer gekont die eerste keer dat ek vir ses maande
TV in stereo kan kyk. (oogspiere of iets wat geskeur het)
En aan die linkerkant

'n Volstruis eier (thanks ouens)
'n Hart wat gaan staan het (o nee wag, dit was daai keer met daai warm chick
toe sy haar klere uitgetrek het en. nevermind)
Om 'n al reeds lang storie kort te maak: Ek het geleer om 'n rolstoel soos
'n pro te ry. Ek het ook geleer dat dit fokken stupid is om tennis te speel
in 'n rolstoel terwyl alles in gibs is en jy dieslfde arm drie keer breek
voor die ses weke grasietydperk oor is. Ook geleer dis moeilik om kar te
bestuur as jy agt karre weerskante van jou sien terwyl daar eintlik net een
reg voor jou is.

Life's a bitch and then you recover in eight months. Ek wou 'n poes wees en
sê dat ek vandag vinniger as 'n parapleeg kan rolstoel ry, maar ook vinniger
as een kan loop en dat dit lekker is om fokkol te makeer - maar ek gaan nie.
Daar is nie tonnels met wit ligte en stemme wat jou roep nie: dis net voor
jy in ICU wakker word van jou laaste 30 minute vakansie op morphine, so maak
of elke dag jou laaste is.

Onthou om agter julle ore te was en al julle groente op te eet voor die
taxi's julle kom haal.

Lekker slapies.
Vorige onderwerp: Liewe heksie
Volgende onderwerp: Grappie in Rapport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:49:32 MGT 2024