Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Ophou rook
Ophou rook [boodskap #120578] Do, 21 Februarie 2002 08:31
JB  is tans af-lyn  JB
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hoe my lewe verander het sedert ek 4 dae gelede
opgehou het met ROOK.

Miskien is ek verkeerd, maar mense doen sekere
goed wat my de bliksem in maak SEDERT EK LAAS 'N SKYF GEHAD HET.

Soos wanneer iemand na sy horlosie toe wys as hy
my vra wat die tyd is. Ek weet waar my horlosie is pel. Waar de fok is
joune?????? Wys ek na my voël toe as ek vra waar die toilet is?

Of soos wanneer iemand gewillig is om van sy gat af op te staan en die hele
donnerse kamer vol te soek vir die remote omdat hy weier om na die TV toe te
loop en die chanel te change.

Of as iemand se "dis altyd op die laaste plek wat jy soek." Natuurlik is
dit. Hoekom sal jy nou fokken aanhou soek nadat
jy die donnerse ding gekry het. Doen mense dit??? Wie is hulle en waar is
hulle????

Of terwyl jy in 'n fliek sit en iemand vra "het jy dit gesien?". Nee,
ek het R30-00 betaal om na die fliek toe te kom en na die vloer te
staar.

Of as iemand my vra " kan ek jou 'n vraag vra?" Gee my nie eintlik 'n keuse
nie ne. Ek meen jy't my mos nou al klaar 'n fokken vraag gevra???

Of hierdie advertensie etters wat iets adverteer as "new and improved". Wat
is dit nou eintlik?? Ek meen, as iets nuut
is, dan was daar mos nog nie iets voor dit nie. As dit "improved" is, dan
moes daar mos iets gewees het waarop hulle ge-"improve" het. So hoe de fok
kan dit "new and improved" wees.

Of as iemand sê die lewe is kort. Kak. Dis die langste fokken ding wat
enige een van ons ooit sal doen. Wat gaan jy doen
wat langer is as dit??

Of as jy vir die bus sit en wag en iemand vra jou of die bus al gekom het.
As die bus al gekom het, sou ek nog hier gesit en wag het, knopkop?
Vorige onderwerp: Sakkie
Volgende onderwerp: O Koek!! Dis snaaks!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:44:50 MGT 2024