Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Operasie
Die Operasie [boodskap #120564] So, 05 November 2000 00:00
Adoons  is tans af-lyn  Adoons
Boodskappe: 8
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Junior Lid
Twee seuntjies lê in die hospitaal, albei wagtende om geopereer te word.
'Waarvoor is jy hier?' vra Kosie vir Jannie. 'My mangels word uitgehaal' sê
Jannie, 'en ek is nogal bang.' 'Ag nee wat, dis sommer niks', sê Kosie, 'my
mangels is uitgehaal toe ek nog klein was, en ná die tyd gee hulle jou
roomys en jellie en alles en jy is sommer gou beter.' 'O,' sê Jannie, 'en
waarvoor is JY hier?' 'Ek gaan besny word,' antwoord Kosie. 'Oooooo!' sê
Jannie waarskuwend, 'Ek is bly ek is nie JY nie. EK is besny toe ek nog 'n
baba was, en ek kon vir 'n hele jaar daarna nie loop nie!!'
Vorige onderwerp: Die Preek
Volgende onderwerp: Afrikaanse moppen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:30:23 MGT 2024