Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Kerk Bulliltin Blapse
Kerk Bulliltin Blapse [boodskap #120529] Ma, 15 November 1999 00:00
mirojo  is tans af-lyn  mirojo
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Aangesien dit paassondag is, sal Mev. Pienaar vra om 'n eier voor die kansel te kom lê.

Irving Benson en Jennie Carter is op 24 Oktober in die kerk getroud. So het 'n vriendskap wat sedert skooldae strek, tot 'n einde gekom.

Vandag sal daar twee byeenkomste wees - aan die bopunt en aan die onderpunt van die kerk. Kinders sal aan weerskante gedoop word.

Vir diegene wat kinders het wat nie daarvan weet nie, is daar 'n kleuterkerk in 'n ander lokaal.

Daar sal Donderdagmiddag on 5nm 'n vergadering van die Jong Mammas-klub wees. Almal wat graag 'n jong mammas wil word, moet asb eers die predikant in sy studeerkamer ontmoet.

Gedurende die afwesigheid van ons pastoor, het ons die besondere voorreg gesmaak om weer 'n goeie preek te hoor toe Ds. A.F. Goosen ons besoek het.

Volgende Sondag sal mev. Venter solis wees tydens die oggenddiens. Die predikant sal dan preek oor "Wat 'n aaklige belewenis".

Vorige onderwerp: Die Krokodil
Volgende onderwerp: blond...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 18:03:20 MGT 2024