Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Totsiens
Totsiens [boodskap #120463] Do, 11 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Goeie nuus! Ek het my bakkery teen 'n moewiese wins
verkoop - perseel, vragmotors, rekenaar, modem, die lot.
Al die ouens wat my so lekker geflame het kan nou maar
iemand anders kies. Julle is uiteindelik van my onslae.
Ek moet egter erken ek het dit met tong in die kies nogal
geniet!

Obj om af te sluit:
Esme nooi haar vriend David uit om saam met haar na haar
Pa se plaas te gaan vir die na-week. David is so opgewonde
om die ouers te ontmoet dat hy sommer die AWB se klerewinkel
besoek en R2000 se kakieklere vir die geleentheid koop.
Die na-week breek aan en hulle kom eers laat die aand op die plaas
aan. Baie moeg gaan slaap hulle om vars en fris die volgende oggend
te wees.
Vroeg die volgende oggend maak oom Jakes hulle wakker en sê
vir David: "Kom jong, daar was alweer 'n leeu onder die beeste. Hier
is vir jou 'n Martini Henry voorlaaier. Ons gaan daardie leeu vandag vrek
skiet!"
David het nog nooit 'n skoot afgetrek nie - wat staan nog en praat van
'n leeu skiet! Hy hom hom egter baie braaf en sê: "Dis reg Oom - vandag
is die dag!"
Hulle is toe die bosse in en kort voor lank toe kry hulle vir ta. Oom Jakes
haal sy geweer oor en sê vir David: "Toe jong! Blaas hom met die
voorlaaier!"
David mik in die rigting van die leeu en met 'n moerse knal gaan die geweer
af.
Hy trek egter daar en toe hy tot verhaal kom is die leeu feitlik op hom. En

daar maak hy gatskoon vir die vale - 100m in 5 sekondes flat. So in die
hardloop
sien hy 'n dooie boom wat omgeval het en kry koers soontoe met die leeu op
sy hakke. Die boom het so 'n mik en hy spring daardeur maar die leeu is te
groot en hy breek sy rug met die deurspring. David hardloop nog so 'n draai
en kom ewe galant terug. Oom Jakes kom toe ook net daaraan en gee die
leeu die doodskoot.
Maar die oom snuif-snuif die lug so en vra: "David, nou wat ruik vir my so
snaaks?" terwyl hy hom so ondersoekend aankyk.
"Agge nee wat, Oom Jakes. Ek ruik maar so as ek kwaad kwaad kwaad is!"

groetnisse
Jakes
Re: Totsiens [boodskap #120465 is 'n antwoord op boodskap #120463] Vr, 12 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 12 Jun 1998 08:07:20 +0200, "Maryka Swartz" wrote:
> Totsiens Jakes,
> Baie van ons gaan jou mis...............
>
>

Ja Jakes, en nou los jy my alleen met al die mense wat so 'nasty' is
met ons!
Alles van die beste!

Johan van Zyl
Somerset West
South Africa
j...@intekom.co.za
Vorige onderwerp: Re: Grapjes?
Volgende onderwerp: KOM ONS WEES VROLIK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:21:38 MGT 2024