Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Mike-, Kallie- en Koos-hulle
Mike-, Kallie- en Koos-hulle [boodskap #120416] Vr, 22 Augustus 1997 00:00
Pieter A. Myburgh  is tans af-lyn  Pieter A. Myburgh
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Kallie gaan kuier by Mike en vind hom hard aan die werfskaf
in die motorhuis.
"Wat maak jy, Mike?"
"'n Draagbare."
"'n Draagbare wat?"
"Ek weet nog nie...ek het nog net die handvatsel klaar."

'n Arabier op 'n kameel loop vir Koos, aangetrek vir die
strand, sambreel onder die een arm en 'n kosmandjie onder die
ander, in die middel van die woestyn raak.
"Hoe vér is dit nog see toe?" vra Koos.
"Ongeveer 500 kilometer."
"In daardie geval," sê Koos en sprei sy handoek netjies op
die sand oop," bly ek heeldag hier op die strand!"

"Het jy geweet," vra Koos sy maat, "dat hitte dinge laat
uitsit en koue dinge laat krimp?"
"Bewys dit!"
"In die somer die dae langer as in die winter!"

Die dokter ondersoek Koos en sien sy lewer is nie te gesond
nie. "Wat drink jy en hoeveel, mnr. Van der Merwe?"
"Gooi maar 'n dubbele brandewyn, dokter!"

Mike en Kallie stap by die Guinness Book of Records gebou in ea
sê dat hulle 'n nuwe rekord opgestel het. Die man vra toe wat
hulle gedoen het. Mike sê toe hulle het 'n legkaard in twee
maande klaar gebou waarop gestaan het: "Twee tot drie jaar."

V: Wat noem Mike sy Zebra?
A: Kolle!

Mike, Kallie en Koos ry in die woestyn toe hulle bakkie gaan
staan. Hulle klim uit. Kallie breek die dak af en sê: "Nou
kan ek in die koelte sit."
Koos klim uit en haal die waterbottel uit en sê: "As ek dors
word kan ek water drink."
Mike klim uit en breek die deur af. Kalie vra toe vir Mike
hoekom hy die deur gevat het en Mike sê toe: "As ek warm kry,
dan draai ek die venster af."
Vorige onderwerp: Tipe mans in 'n publieke manstoilet
Volgende onderwerp: Nog 'n Spul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:54:45 MGT 2024