Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Vat die hond vir 'n stappie
Vat die hond vir 'n stappie [boodskap #120408] Wo, 14 Mei 1997 00:00
Paul Ebar  is tans af-lyn  Paul Ebar
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hi all,

This joke's punchline only works in Afrikaans. That said here goes...

Jannie kom by sy ma en vra "Ma kan ek met Fiefie om die blok gaan stap?"
"Nee," sê Ma, "Fiefie is op hitte en moet binne bly."
"Maar ma, wat is op hitte?" vra Jannie. Ma bloos bloedrooi en sê vir Jannie
hy moet loop speel.
Jannie kom by pa en vra weer "Pa kan ek met Fiefie om die blok gaan stap?",
maar Pa weier ook. Jannie wat nog steeds nie weet wat "op hitte" is nie
besluit om vir Oupa te gaan vra.
"Oupa, Ma en Pa sê ek kannie met Fiefie om die blok gaan stap nie want sy's
op hitte. Wat is op hitte Oupa?"
Oupa antwoord dat Jannie te jonk is om te weet wat "op hitte" is, maar dat
hy 'n plan het. Hy verseker vir Jannie dat Fiefie niks sal oorkom as hy
petrol aan haar stert smeer nie. Dit sal dan veilig wees om met haar om die
blok te loop. So gesê so gemaak en daar gaan Jannie.

So 'n halfuur later is Oupa in die garage besig toe hy vir Jannie by die
tuinhekkie sien inkom. Jannie is sonder Fiefie en Oupa storm uit. "Jannie,
waars Fiefie?" vra hy dadelik.
Jannie antwoord kalm "Sy's oraait oupa, haar petrol het halfpad op geraak
maar 'n groot Doberman stoot haar huistoe."
Vorige onderwerp: Take the dog out
Volgende onderwerp: Re: SA English vs US English/Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:23:51 MGT 2024