Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Demokrasie vs Kommunisme
Demokrasie vs Kommunisme [boodskap #120405] Vr, 04 April 1997 00:00
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Tant Bettie hoor oor die draadloos van die PAC en wil
by die oom weet wat is kommunisme. Hy weet toe ook nie
en met die volgende keer wat hy dorp toe gaan, vra hy
die winkelier wat kommunisme is. Die winkelier neem
die oom toe uit op die straat en se:
"Sien oom al hierdie baie motors. Was ons 'n
kommunistiese staat het al hierdie motors aan
die staat behoort. Maar ons woon in 'n demokratiese
land - nou het elke man sy eie motor."
Die oom het mooi verstaan en terug op die plaas
roep hy vir tant Bettie. Hy kyk rond vir 'n
voorbeeld waar daar baie van is soos die baie
motors in die dorp en net toe kom daar 'n swerm
vinke verby. Ideaal.
"Sien jy daai klomp vinke vrou - was ons 'n kommunistiese
staat het al daai vinke aan die staat behoort.
Maar ons woon in 'n demokratiese land - nou
het elke man sy eie vool.

Jakes
Vorige onderwerp: Little Red Riding Hood
Volgende onderwerp: Kabouters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:59:28 MGT 2024