Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Myne en joune
Myne en joune [boodskap #120395] Wo, 10 Julie 1996 00:00
Dirk Laurie  is tans af-lyn  Dirk Laurie
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
'n Man is per trein op pad na Welkom. Langs hom in die kompartement
is 'n aantreklike dame waarmee hy graag wil kennis maak. So... hy
probeer maar die standaard vraag - "Waarheen gaan jy?"

"Welkom," se sy.

"O .." dink hy vinnig, "ek gaan ook Welkom toe. As jy wil kan ek jou
die naweek ontmoet, dan kan ek vir jou myne wys."

Die dame kyk hom vir 'n oomblik in ongeloof aan en hardloop uit die
kompartement na die kondukteur. "Help!" snik sy. "Daar is 'n
vieslike man in die kompartement wat aanbied om syne aan my te
ontbloot!"

Die kondukteur dink nie twee keer nie en storm ontstoke by die
kompartement in. Hy spreek die man streng aan, waarop die man toe sy
situasie verduidelik.

Vyf minute later kom die kondukteur lag-lag uitgestap en verduidelik
die situasie aan die dame: "Jy het die arme man heeltemal verkeerd
verstaan! Hy wil nie vir you SYNE wys nie, hy wil vir you MYNE wys!"

Dion
Vorige onderwerp: Drie ouens by die poorte
Volgende onderwerp: VERTEL TOG 'N GRAPPIE !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 23:35:55 MGT 2024