Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Hier kom Koos
Hier kom Koos [boodskap #120359] Wo, 01 Julie 1998 00:00
Newbie[1]  is tans af-lyn  Newbie[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
"Ek verstaan dit nie," kla Koos by Stoffel, " my elektrisiteitsrekening is
elke maand oor die R600."
"Maar Koos, jou TV en radio is heeldag aan en jou ligte brand gedurig."
"Ja, maar hoe weet hulle dit? Ek hou my gordyn heeldag toe!"
============================

Ná 'n lang jaagtog slaag die verkeerskonstabel daarin om Koos tot stilstand
te bring.
"Meneer," sê hy, "besef jy dat jy netnou teen 120 km/h by my verbygejaag
het?"
"Ja," sê Koos, "ek was bang jy sien ek het nie my veiligheidsgordel vas
nie!"
============================

Klein Kosie kom die middag ná sy eerste skooldag tuis. "En toe, hoe was
dit?" vra sy ma.
"Juffrou wou weet waar ek gebore is."
"Kon jy darem onthou waar?"
"Ja, maar ek het haar nie gesê nie."
"Hoekom nie?"
"Ag, Mamma, ek het gedink die kinders sal dink ek's 'n `sissy' as ek sê in
die hospitaal, toe sê ek maar op die rugbyveld."
============================

"Koos," sê die huweliksberader, "jy moenie saans met jou probleme gaan slaap
nie..."
"Maar my vrou wil nooit alleen slaap nie!"
============================

Koos jr. kom tuis en sy ma vra hoe dit met die eksamen gegaan het.
"Ek het 100 persent gekry, Ma."
"Regtig?"
"Ja, 25 vir wiskunde, 25 vir aardrykskunde, 25 vir Afrikaans en 25 vir
geskiedenis."
============================
Vorige onderwerp: Re: Kvd M
Volgende onderwerp: Kwinkslae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:46:17 MGT 2024