Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bobbejaan klim die berg.....
Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95789] Sa, 31 Julie 2004 08:18 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Darme snaaks hoe dinge saam-saam gebeur. Net gisteroggend sit ek in my
kantoor en tjol praat met een van Namibië se legendariese storievertellers
en die onderwerp was hoofsaaklik bobbejane. Hoe slim 'n bobbejaan is, hoe
hy jou kan laat lag en hoeveel skade die bliksems op 'n plaas kan aanrig.
Bobbejane is mos nou eenmaal intelligent genoeg om uit te vind waar's
geleenthede vir kos en hy sal dit tot die maksimum benut. Jy flous hom ook
nie maklik nie. Jy sal bv een keer op hom skiet en hy sal dit nooit
vergeet nie. Hul oë is ongelooflik skerp en jy kan maar gaan sit en wag
vir hulle om te kom lemoene, of iets, te steel, as jy 'n geweer by jou het,
dan sien jy hulle nie maklik nie. Baie mense het al brndewyn in lemoene
ingespuit en dit vir die bobbejane gelos en dan word hulle dronk en vermaak
die mense iets vreeslik want hulle is maar net soos mense [dalk bietjie
slimmer!] want jy vang hom net een keer en nie weer nie. Maar, die kern
van my storie is dat die boer wat naby bobbejane bly, het al sy dae met die
slim diere.
Gisteraand sit en kyk ek op KykNET na 'n program oor Afrikaanse
tradisionele liedjies.........spesifiek 'Bobbejaan klim die berg!' Dit
gaan mos oor 'bobbejaan klim die berg om die boere te vererg....' Presies
wat ek hierbo probeer sê het.
Maar toe kom Amanda Strydom op en lewer haar kommentaar daarop en sê
dat sy vir 'n lang tyd 'n probleem met die liedjie gehad het want dis
polities aanstootlik want die blankes sing dit en die bobbejane is mos swart
en hierdie ding ruik van apartheid! Donner......so alles kan aanstootlik
gemaak word deur dit net van die regte hoek af te bekyk. Suiwer Gloudina
in goud!
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95794 is 'n antwoord op boodskap #95789] Sa, 31 Julie 2004 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is sy nou laf of wat, 'n bobbejaan is nie eens swart nie, maar grys (altans
die bobbejane wat ek laas gesien het by Kaap punt).

Ek wonder hoekom die boere nie vir die bobbejane kos uitsit elke dag nie,
dan sal hulle mos nie lemoene en ander kos hoef te steel nie? Dit hoef nie
vars kos te wees nie (ek weet ook nie presies wat hulle eet behalwe vrugte
nie). Maar daar is mos altyd oorgenoeg kos op 'n plaas. Dis soos die
werfhonde wat ook elke dag kos kry, sit net nog uit, op 'n ander kol, vir die
bobbejane.

Ellie
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95806 is 'n antwoord op boodskap #95789] So, 01 Augustus 2004 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan met respek sê dat Amande Strydom maar na haar moer kan vlieg! Dis
'n oulike liedjie en basta! Wie gee haar die reg om jare der jare oue
musiek met haar "magtige" hand van die tafel te vee.

Geen wonder sy kla en mor alewig so oor die min geld wat sy maak nie.

Cheers
Plato

Suidwester wrote:

> Darme snaaks hoe dinge saam-saam gebeur. Net gisteroggend sit ek in my
> kantoor en tjol praat met een van Namibië se legendariese storievertellers
> en die onderwerp was hoofsaaklik bobbejane. Hoe slim 'n bobbejaan is, hoe
> hy jou kan laat lag en hoeveel skade die bliksems op 'n plaas kan aanrig.
> Bobbejane is mos nou eenmaal intelligent genoeg om uit te vind waar's
> geleenthede vir kos en hy sal dit tot die maksimum benut. Jy flous hom ook
> nie maklik nie. Jy sal bv een keer op hom skiet en hy sal dit nooit
> vergeet nie. Hul oë is ongelooflik skerp en jy kan maar gaan sit en wag
> vir hulle om te kom lemoene, of iets, te steel, as jy 'n geweer by jou het,
> dan sien jy hulle nie maklik nie. Baie mense het al brndewyn in lemoene
> ingespuit en dit vir die bobbejane gelos en dan word hulle dronk en vermaak
> die mense iets vreeslik want hulle is maar net soos mense [dalk bietjie
> slimmer!] want jy vang hom net een keer en nie weer nie. Maar, die kern
> van my storie is dat die boer wat naby bobbejane bly, het al sy dae met die
> slim diere.
> Gisteraand sit en kyk ek op KykNET na 'n program oor Afrikaanse
> tradisionele liedjies.........spesifiek 'Bobbejaan klim die berg!' Dit
> gaan mos oor 'bobbejaan klim die berg om die boere te vererg....' Presies
> wat ek hierbo probeer sê het.
> Maar toe kom Amanda Strydom op en lewer haar kommentaar daarop en sê
> dat sy vir 'n lang tyd 'n probleem met die liedjie gehad het want dis
> polities aanstootlik want die blankes sing dit en die bobbejane is mos swart
> en hierdie ding ruik van apartheid! Donner......so alles kan aanstootlik
> gemaak word deur dit net van die regte hoek af te bekyk. Suiwer Gloudina
> in goud!
>
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95809 is 'n antwoord op boodskap #95794] So, 01 Augustus 2004 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Onnatuurlike inmenging Ellie. Diere net soos mense se getalle neem toe
as hulle nie sukkel nie. As mens die bobbejane voer gaan die bevolking
ontplof en dan sit jy met 'n goot krisis!

Dieselfde is die rede vir die vakuum van hulp aan die 3rde wêreld.
Ironies, is dit nie? Te veel mense, te min kos. Nou kom ons en gee vir
die mense kos. Nou is daar weer meer mense en te min kos. En so piekel
ons voort sonder om 'n duit se verskil te maak. Dit sus seker die ryk
mense wat alewig so dem skuldig voel se gewetens...

Cheers
Plato

Ellie wrote:

> "Suidwester" Gisteraand sit en kyk ek op KykNET na 'n program oor Afrikaanse
> tradisionele liedjies.........spesifiek 'Bobbejaan klim die berg!' Dit
> gaan mos oor 'bobbejaan klim die berg om die boere te vererg....' Presies
> wat ek hierbo probeer sê het.
> Maar toe kom Amanda Strydom op en lewer haar kommentaar daarop en sê
> dat sy vir 'n lang tyd 'n probleem met die liedjie gehad het want dis
> polities aanstootlik want die blankes sing dit en die bobbejane is mos swart
> en hierdie ding ruik van apartheid! Donner......so alles kan aanstootlik
> gemaak word deur dit net van die regte hoek af te bekyk. Suiwer Gloudina
> in goud!
>
>
> Is sy nou laf of wat, n bobbejaan is nie eens swart nie, maar grys (altans
> die bobbejane wat ek laas gesien het by Kaap punt).
>
> Ek wonder hoekom die boere nie vir die bobbejane kos uitsit elke dag nie,
> dan sal hulle mos nie lemoene en ander kos hoef te steel nie? Dit hoef nie
> vars kos te wees nie (ek weet ook nie presies wat hulle eet behalwe vrugte
> nie). Maar daar is mos altyd oorgenoeg kos op n plaas. Dis soos die
> werfhonde wat ook elke dag kos kry, sit net nog uit, op n ander kol, vir die
> bobbejane.
>
> Ellie
>
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95873 is 'n antwoord op boodskap #95794] Ma, 02 Augustus 2004 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
.....en waar jy miskien 30 bobbejane gehad het, sal jy binnekort baie meer
hê! Gratis kos gee net een boodskap: Hier's plek vir nog bobbejane.
Die mens is ook maar so. Dis waar die vorige politiese bedeling in SA die
grootste fout gemaak het.
"Ellie" wrote in message
news:qKOOc.21194$iK.14799@newsread2.news.atl.earthlink.net.. .
>
> Is sy nou laf of wat, n bobbejaan is nie eens swart nie, maar grys (altans
> die bobbejane wat ek laas gesien het by Kaap punt).
>
> Ek wonder hoekom die boere nie vir die bobbejane kos uitsit elke dag nie,
> dan sal hulle mos nie lemoene en ander kos hoef te steel nie? Dit hoef nie
> vars kos te wees nie (ek weet ook nie presies wat hulle eet behalwe vrugte
> nie). Maar daar is mos altyd oorgenoeg kos op n plaas. Dis soos die
> werfhonde wat ook elke dag kos kry, sit net nog uit, op n ander kol, vir die
> bobbejane.
>
> Ellie
>
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95900 is 'n antwoord op boodskap #95873] Ma, 02 Augustus 2004 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester".

Dis waar die vorige politiese bedeling in SA die
> grootste fout gemaak het.

Die vader behoede ons.

Penkop, wat 'n stellenbosse boy is.
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95920 is 'n antwoord op boodskap #95900] Ma, 02 Augustus 2004 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die dag wat jy boggom roep sal ek weet ek's reg......
"@rogers.com" wrote in message
news:h6rPc.1635$Qgc.204@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester".
>
> Dis waar die vorige politiese bedeling in SA die
>> grootste fout gemaak het.
>
> Die vader behoede ons.
>
> Penkop, wat 'n stellenbosse boy is.
>
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95994 is 'n antwoord op boodskap #95806] Di, 03 Augustus 2004 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Plato skryf in boodskap news:...
> Ek kan met respek sê dat Amande Strydom maar na haar moer kan vlieg! Dis
> 'n oulike liedjie en basta! Wie gee haar die reg om jare der jare oue
> musiek met haar "magtige" hand van die tafel te vee.
>
> Geen wonder sy kla en mor alewig so oor die min geld wat sy maak nie.
>
> Cheers
> Plato
>

Arme mens - haar kop haak mos elke nou en dan uit - sy het mos op 'n
stadium as Amandla Strydom bekend gestel nadat sy by een van haar
vertoning Amandla! met die vuis in die lug geskrou het - sy het net
haar timing verkeerd gehad - dit was na die onderhandelinge met die
ANC reeds begin het.
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #95998 is 'n antwoord op boodskap #95994] Di, 03 Augustus 2004 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En toe word sy dik......

"Lou" skryf in boodskap news:bfb75562.0408030610.5731ea5@posting.google.com...
> Plato skryf in boodskap news:...
>> Ek kan met respek sê dat Amande Strydom maar na haar moer kan vlieg! Dis
>> 'n oulike liedjie en basta! Wie gee haar die reg om jare der jare oue
>> musiek met haar "magtige" hand van die tafel te vee.
>>
>> Geen wonder sy kla en mor alewig so oor die min geld wat sy maak nie.
>>
>> Cheers
>> Plato
>>
>
>
> Arme mens - haar kop haak mos elke nou en dan uit - sy het mos op 'n
> stadium as Amandla Strydom bekend gestel nadat sy by een van haar
> vertoning Amandla! met die vuis in die lug geskrou het - sy het net
> haar timing verkeerd gehad - dit was na die onderhandelinge met die
> ANC reeds begin het.
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #96032 is 'n antwoord op boodskap #95994] Wo, 04 Augustus 2004 05:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat, sy is maar deur die blare...

Cheers
Plato

Lou wrote:

> Plato skryf in boodskap news:...
>
>> Ek kan met respek sê dat Amande Strydom maar na haar moer kan vlieg! Dis
>> 'n oulike liedjie en basta! Wie gee haar die reg om jare der jare oue
>> musiek met haar "magtige" hand van die tafel te vee.

>> Geen wonder sy kla en mor alewig so oor die min geld wat sy maak nie.

>> Cheers
>> Plato

>
> Arme mens - haar kop haak mos elke nou en dan uit - sy het mos op 'n
> stadium as Amandla Strydom bekend gestel nadat sy by een van haar
> vertoning Amandla! met die vuis in die lug geskrou het - sy het net
> haar timing verkeerd gehad - dit was na die onderhandelinge met die
> ANC reeds begin het.
Re: Bobbejaan klim die berg..... [boodskap #120350 is 'n antwoord op boodskap #95789] Sa, 21 April 2018 18:36 Na vorige boodskap
delphine.dutoit  is tans af-lyn  delphine.dutoit
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2018
Karma: 0
Junior Lid
Ja, mens kan die bobbejaan daar agter die berg gaan haal as jy so wil maak (loosely translated: you can go fetch the baboon behind the mountain if that's what you want to do. i.e. you can create meaning out of something that is innocuous if that's what you want to do, but it won't have any meaning.)

I grew up with that song. There was never any insinuation or hidden meaning that the baboon meant anything other than a baboon, in its full mischievous nature. It causes trouble; it is funny; it is intelligent; it is unpredictable. It reminds us that we too, are members of the primate family. Maybe not hominoids, but certainly cousins. We sang it as a happy celebration of the fact that we share space on this earth with baboons. Race simply didn't come into it. Don't go looking for sinister meaning where it doesn't exist, ma'am.
Vorige onderwerp: Woltemade se perd
Volgende onderwerp: Afrikaner Weerstand Beweging (AWB)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:49:15 MGT 2024