Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Matriek Uitslae?
Matriek Uitslae? [boodskap #11965] Wo, 31 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Du Toit Lambrechts  is tans af-lyn  Du Toit Lambrechts
Boodskappe: 8
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Weet iemand of die matriek uitslae op die net beskikbaar is?
Laat weet my asb.

Dankie

Du Toit
Re: Matriek Uitslae? [boodskap #11981 is 'n antwoord op boodskap #11965] Vr, 02 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris Theron  is tans af-lyn  Chris Theron
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 31 Dec 1997 08:34:05 GMT, Du Toit Lambrechts wrote:

> Weet iemand of die matriek uitslae op die net beskikbaar is?
> Laat weet my asb.
>
> Dankie
>
> Du Toit

Probeer http://www.naspers.com/matriek/

Tans is nog net Mpumalanga se uitslae beskikbaar, maar volgens vanoggend se
'Burger" sal al die provinsies se uitslae teen 5 Jan daar wees

Chris Theron
Durbanville
South Africa
Re: Matriek Uitslae [boodskap #12023 is 'n antwoord op boodskap #11965] Wo, 07 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
>

Lou griffel :

> Jy's reg - ek het ook gewag daarvoor. Mary 'Where were you during the
> struggle' Metcalfe vergeet gerieflikheidshalwe die swart skole waar dit
> goed gaan. Daar was 'n stuk op TV oor 'n swart skool wat 'n 88% sukses
> syfer het, staat skool in die middel van 'n oorwegend swart woonbuurt,
> niks anders as wat die meeste ander kinders het nie.
>
> Waar was hulle gedurende apartheid Antie Mary?
>
> Interesant oor wie vir wie blameer - onderwysers die kinders, kinders
> die onderwysers, almal apartheid (natuurlik), Bengu die provinsiale
> onderwys departemente en anders om ens ens ens.

Ek wil ook so 'n paar aanmerkings van die kantlyn af maak.
Ek dink die hele ding is ge-integreerd. As een aspek vrot is, is als vrot.
(1) : My broer se Rekeningkunde dosent op Uni was eers 'n onderwyseres by 'n
skool, en
elke jaar het ongeveer die helfde van al haar leerlinge 'n A simbool op hoer
graad behaal.
Laat mens d(r)ink of hoe ? Ek dink tog 'n goeie onderwyser wat sy vak self
verstaan is goud werk.
(2) : Sekere skole het 'n leerkultuur, ander 'n sportkultuur. [0] My broer se
hoerskool het elke jaar die rugby
beker vir die streek gewen, maar hulle het ewe eens elke jaar die minste A
simbole in die streek behaal.
Lyk asof die skoolhoof ook 'n invloed het op wat in sy skool aangaan. [1]
(3) : As die provinsiale onderwys departemente nie die skole van handboeke
versien nie (of laat voorsien), hoe moet die die kinders
leer en almal 'n positiewe gesindheid behou ?
(4) : Kinders is ontmoontlike goed. Om 'n 18 jarige iets te leer, kan miskien
nog, maar 'n 16 jarige ? Hulle is een bondel ontwakende energie.
Ek het een keer as 'n guns 'n klas gaan aanbied vir 'n st8 klas
(rekenaarwetenskap). Dit was omtrent 'n ondervinding. Die wat nie probeer
gesels het nie, het gele en slaap. Die res was ongeveer verdeeld onder diegene
wat koorsagtig aantekeninge neem en die wat probeer vrae vra.
Ek wil amper sover gaan om te se, dat die wat nie VERSTAAN hoekom hulle moet
leer nie (al is party vakke stupid en hou nie jou aandag nie),
sal ook nie die mas in die eksamens opkom nie. Ek onthou self dat die vakke wat
ek die minste van gehou het, ek die hardste voor geleer het,
net om net nooit weer die pyniging te ondergaan om die klasse te moet bywoon
nie.

[0] Sommige het geen kultuur.
[1] Dis wat ek vermoed met daardie swart skool wat 88 persent slaagsyfer het
gebeur het.

Twee grappies om mee af te sluit :
Die student behaal 99% vir sy latyn vraestel.
Na die eksamen loop die prof hom raak en verneem hoe op aarde dit moontlik is
dat hy 99% gekry het en tog net een klas bygewoon het.
"Nee" antwoord die student toe "Ek kon 100% gehad het, maar daardie eerste klas
het my bietjie verwar!"

Na die semester moet die studente kaartjies invul om hul dosent te evalueer,
dis nou om terugvoering te gee oor hoe hulle die klas ervaar het.
Skryf een student : "Prof lees goed. Ons kan ook lees."

Miskien is dit so effe tong in die kies gese, maar dit is tog om student te
wees (of te wel skolier) impliseer tog dat jy moet leer. En nogals hard ook
somtyds.
Dan kan 'n week van "strikes" eintlik baie goed benut word. Lekker tyd om op
te vang wat jy gemis het.

Iets wat my opgeval het eers nadat ek die skool verlaat het was dat die
materiaal wat aangebied eintlik baie eenvoudig was. Hierso bedoel ek die
wiskunde/fisika.
Of nog erger, my eerste fisika periode vertel die prof so ewe, dames en here,
julle kan maar alles vergeet wat julle op skool geleer het... dit was
buitendien slegs in
een dimensie, hierso werk ons in drie dimensie, vier, as jy tyd ook
insluit. WHAAT ?!?!!? Het ek heeltyd my tyd gemors of skool ?
Ek dink nogals kinders in St8 kan alreeds begin met diffirensiasie/integrasie
en n-orde polinome.

Ander ding wat my erg afgesit het was chemie.... op skool moes ons die chemiese
eksperimente doen. Meestal van die tyd het die eksperimente nie gewerk nie.
En die onderwyser wat dit voor in die klas doen (kinders moes maar watch wat
gebeur, daar was nie werksbanke en dat almal hulle eie ding kon doen nie) het
maar altyd
as verskoning gese dat die chemikaliee oud was (wat ek nogals geglo het) Soms
WAS daar nie eens nie. Of nog erger, van die seuns het stilletjies al die
bottels met wit poeier
met mekaar uitgemeng, ensovoorts vir die ander poeiers, geen wonder die goed
wou soms nie werk nie, of het die eigenaardigste resultate gegee...
Maar ek onthou nog in my matriek vraestel... die een vraag... watter kleur raak
die XYZ eksperiment as jy ABC met dit doen ? Rooi, oranje, groen, pers of
swart ?
Groot dilemma.... In daardie tyd het die handboeke nie vir jou al die dinge
vertel nie, maar net vir jou gese hoe om die eksperiment te doen, en dat moes
jy sulke werkskaarte
invul wat jy dan later oor getoets is in die eksamens. Ek hoef seker nie te
noem dat my voorliefde vir chemie vroeg gesneuwel het nie.

Ek dink nogals ons almal het amusante en skrikwekkende ervarings met die
onderwys sisteme gehad.
My hoerskool loopbaan het 4 hoerskole in drie verskillende provinsies
ingesluit, met pa-hulle wat terug
kom uit suidwes afrika tydens die oorgang, so reg voor ek matriek begin.
Freddy, eat your heart out :)
Laerskool was nog slegter, 5 skole in 3 verkskillende provinsies... as julle
wonder, pa het vir die spoorweg daardie tyd gewerk.

So, VASBYT! Dit WAS moontlik om te slaag in die apartheids jare en dit IS nog
steeds moontlik om te slaag in die nie-apartheids jare.

Groetnis
Len
Vorige onderwerp: Onderwys in die NSA
Volgende onderwerp: Matriek Uitslae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:55:44 MGT 2024