Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 25 Oktober in geskiedenis
25 Oktober in geskiedenis [boodskap #120023] Di, 25 Oktober 2011 09:51
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
25 Oktober is die 298ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender
(299ste in skrikkeljare). Daar volg nog 67 dae in die res van die
jaar.

Gebeurtenisse

1795 - Die Kaapse ontdekker en Kompanjie-amptenaar kol. Robert Gordon
pleeg selfmoord oor sy onmag voor die Britse besettingsmag.
1838 - Die Voortrekkerleier Louis Trichardt sterf in Lourenço Marques
(nou Maputo).
1844 - Herman Schutte, boumeester van die Groote Kerk, Kaapstad, sterf
op 86-jarige ouderdom.
1854 - Die beleg van Makapansgrot deur die Boere onder aanvoering van
kmdt.genls. Hermanus Potgieter en M.W. Pretorius vind plaas. Byna die
hele stam van Makapan word uitgewis.
1899 - Michael Davitt, die Ierse parlementslid in Brittanje, stem teen
‘n krygsbegrotingspos en sê hy sal nie vrede vir Ierland koop teen die
vuige prys van ‘n stem teen vryheid in Suider-Afrika nie. Hy tree uit
die parlement.
1900 - Die formele verklaring van die anneksasie van die ZAR deur
Brittanje word in Pretoria gedoen.
1901 - Die 16-jarige Kosie Briedenhann sterf toe hy onder Britse
geweervuur injaag en sy bevelvoerder se lewe red op die plaas Downs
naby Campbellin Griekwaland-Wes.
1949 - ‘n Kommando Rapportryers vertrek uit Kaapstad op een van 15
roetes na die inwydingsfees van die Voortrekkermonument by Pretoria.
1974 - Die tuisland QwaQwa ontvang selfregering.
1990 - Geweld eis sewe lewens in Khayelitsha byKaapstad, en die SA
Landbou-unie besluit tot veelrassige lidmaatskap, ondanks sterk
teenkanting van die Transvaalse Landbou-unie.
1999 - Dr. Wouter Basson ontken in die Pretoriase Hooggeregshof skuld
op 61 aanklagte, wat 16 moord aanklagte insluit, en bedrog van R80
miljoen. Daar word verwag die saak sal 18 maande duur.

Geboortes

1955 – Louis Krüger, Afrikaanse skrywer .
Vorige onderwerp: Re: Waarom worden de boeren altijd gemarteld?
Volgende onderwerp: Three killed in farm attack
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 20:22:24 MGT 2024