Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Motoris aangerand; polisie kyk glo toe
Motoris aangerand; polisie kyk glo toe [boodskap #119615] Do, 22 April 2010 16:43
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Motoris aangerand; polisie kyk glo toe

2010-04-22 07:40
Hilda Fourie

Polisielede het gister glo toegekyk terwyl taxi-eienaars ’n motoris na
bewering geskop en geslaan het.

Oomblikke vantevore het ’n polisieman mnr. Henry Burt (57) se
vuurwapen afgeneem. Dié het hy uitgehaal toe “’n skare taxi-eienaars”
op hom toegesak het.

Burt, wat op ’n wildplaas bly, het gisteroggend op die Moloto-pad na
sy werkplek in Pretoria gery. Buite
Wagensdrift het hy hom vasgery in taxi’s en polisievoertuie wat die
pad versper het.

Burt het aan ’n polisiebeampte gesê hy wil na ’n nabygeleë vulstasie
gaan. Hy is deurgelaat. Hy het net ’n paar meter gery “toe was daar
absolute chaos”.

“Die skare het begin om my te stenig. Omtrent 20 mense het my met
klippe gegooi en my bakkie se voorkant getref. Soos ek verder gery
het, het iemand my met ’n piksteel deur my oop venster geslaan. Ek het
na my passasierskant toe gekoes. ’n Entjie verder het iemand my met ’n
baksteen gegooi.”

Burt het stilgehou en uitgeklim om na die skade aan sy voertuig te
kyk. “Soos mal buffels het hulle met pangas en knuppels op my
toegesak. Ek het my vuurwapen uitgehaal, want ek het geweet hier kom
moeilikheid. ’n Polisieman het gekom en my vuurwapen gevat. Die skare
het my omring en ek is toe van alle kante af gefoeter.”

Volgens Burt het die polisie toegekyk terwyl hy aangerand is.

Hy het gesê die skare het sy bakkie se bande afgeblaas. Ná die voorval
het die polisie hom gehelp om sy bure te kontak dat hulle vir hom
noodwiele kon bring. “Ek was net op pad werk toe. Die polisie beskerm
hierdie taxibestuurders wat moles gemaak het. Hulle het my weerhou om
te gaan werk.”

Die polisie het Burt se vuurwapen later aan hom teruggegee.

Burt het ’n klag van aanranding by die Cullinan-polisiekantoor
ingedien.

Oorsprong:Beeld

( http://tinyurl.com/2bpstv2 )
Vorige onderwerp: Vuurwapen lisensies
Volgende onderwerp: Inwoners mag nou boewe uit hul buurt hou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:33:45 MGT 2024