Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Telmom Update
Telmom Update [boodskap #118947] So, 22 Februarie 2009 16:25 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
All of a sudden Sondagmiddag 2 uur lui die foon.

"THis is Sam from Telkom. Your line is fixed."

That's it. Na 1.5 weke.

Geen verduideliking, geen details.... niks.

En as ek nie wil lyn-huur betaal vir die tyd nie, moet EK hulle kontak
en aansoek doen. Met die verwysingsnommers ens.

So as 'n ou omie of tannie net nie bv 'n selfoon gehad het om Telkom
te bel (en lank aan te hou nie) het hulle nie 'n verw. nommer gekry
nie.

In een van die talle gesprekke met die Call Centre die volgende 2
dinge:

1. Call Centre: "You cannot expect us to phone millions of people and
tell them the line is going to be cut!"

(Vergeet gou dat Telkonm NIE eers 'n miljoen kliente het nie...)

EK: "Yes I can. If you don't have the personal, appoint them. You
don't have a problem billing those millions every month and collecting
money from them, do you?"

2. "I will send your comment through to the Technical dep. We don't
talk the them either."

Daar is die crux dus: 'n Call Centre GEKONTRAKTEER en TUSSEN Telkom en
sy kliente geplaas. So hoef Telkom self nie die onaangenaamheid deur
te maak om ACTULLY met kliente te praat nie. Die Call Centre praat en
die Call Centre werk nie vir Telkom nie...

Ek onthou talle sprekers van British Telecom in die jare tagtig wat
hier op kongresse vir die ou Telkom crowd gereeld vertel het dat dit
een van die sleutel-faktore was toe hulle uit hul monopolie in die
mark getree het - dat hulle actually met die kliente moes praat en
kontak maak. Die een ou het nog vertel van die voorsitter van BT (sir
Iemand) wat die dag moes huis toe gegaan het van skok toe hy hoor hy
sal voortaan actually soms oproepe van gewone kliente moet aanvaar....
(Dit gehoor, Sir September...?)

Dit was in tye toe die ou Telkom destyds die skrif aan die muur gesien
het en begin voorberei het om te privatiseer. Hulle het toe tegnies
geprivatiseer maar 1994, AA en BEE (die regering is die grootste
enkele aandeelhouer in Telkom plus 'n klomp van sy cronies is big time
bemagtig met Telkom aandele) het dit in wese 'n skyn-privatisering
gemaak.

Iemand wat Telkom wil privatiseer sal dit waarskynlik moet opbreek
soos met die Bells in die VSA gedoen is.

Dis eers nou met Neotel tegnies 'n werklikheid en die Seacom-kabel wat
finalisering nader, dat Telkom in werklikheid dalk in die mark sal
moet meeding. Die nuwe lot arrogante grypers kan gerus al daai ou
sprekers van BT WEER nooi en bietjie luister.

En Neotel... Shame. Die arme ou Neotel. Ek het nogal hoop vir hulle
gehad, maar hulle lyk in die stadium nog kakker as Telkom.
Ons hoop is waarskynlik in 2 dinge wat goed DALK kan oopsluit:

1. Die Seacom-kabel wat in Julie gaan begin werk. Op die oomblik is SA
met net een kabel aan die buite-wereld verbind. Het sy naam nou
vergeet, SAT3 of so iets.

Telkom se hy besit dit. En niemand kan bewys, lyk dit, hy besit dit
nie. Gerugte is dat die kabel vir jare al ver onder kapasiteit bedryf
word omdat Telkom se pryse iets soo 5 keer die wereld-gemiddeld is.

Dit is hoekom julle konneksies met die buite-wereld so stadig is.
Telkom is baie kere in die verlede al gevra hoek kan ons nie INTERN in
SA 'n broadband-netwerk laat ontwikkel nie. Hulle antwoord was altyd
dat hulle nie kan onderskei tussen interne verkeer en verkeer na die
buiteland nie.

Ek het altyd gedink "duh...!" Laat die verkeer net vloei. Tussen my en
Dave sal dit vinnig wees (optiese vesel tussen Jhb en Durban) en
tussen Dave en Joti in die VSA sal dit stadig wees (Telkom se ou
kabel). Maar anyway.

Die Seacom-kabel begin glo Julie werk, het glo baie kapasiteit en word
besit deur 'n versameling van maatskappye. Meer as 50% Suid-Afrikaans
(soos die regering bepaal het) en ek dink die Neotel crowd is daar in.
Miskien gee dit hulle die guts om actually teen Telkom te probeer
meeding. Meeding in plaas van 'n kartel te vorm...
In die stadium bied hulle in werklikheid DUURDER diens as Telkom aan
wat MINDER bied.

2. WiMax en hof-uitsprake dat engiemand effektief in die toekoms
kommunikasie-netwerke kan bou.

Ja, vriende!! (soos die seremonie-meerster se...) In die verlede was
dit NET TELKOM wat dit MAG gedoen het. En die toegewing kom na
miljoene rande se hof-aksies wat tot op die einde verbete deur die
minister van KOMMUNIKASIE (ha,ha!) BEVEG was. Sy het gese OMDAT die
regering daartoe verbind is om telekommunikasie uiteindelik te bevry
(van die Telkom-monopolie), kan sy nie toelaat dat enigiemand BEHALWE
Telkom kommunikasie-netwerke mag oprig nie. Sy het dit anders bewoord,
baie meer bewolk en deurtrek met cliches en verwronge logika ens. Maar
dis op die einde wat sy gese het.

WiMax bied die geleentheid om moer vinnige radio-vernindings oor groot
areas te vestig. Dit word al in die VSA big time uitgerol. En dis nie
nodig om kabels te le nie. Ideaal vir SA wat genoeg kennis in
infrastruktuur het om sulke verbinding vinnig tot stand te bring, maar
'n probleem het om kabels te le en te beskerm teen diefstal.

Hier in SA WAS daar een of twee WiMax-lisensies uitgereik. Maar dis
alles teruggetrek omdat dit vir cronies uitgereik is en van die groot
spelers hofaksies gebring het. Toe is alle lisensies teruggetrek. Nou
moet ons klaarblyklik weer deur 'n lang proses gaan. So, terwyl die
res van die wereld dit uitrol en die selfoon-wereld reeds begin
voorberei vir 4G (wat WiMax onder meer is) sit ons verlam. En wanneer
ons begin optree, gaan dit waarskynlik deurspek wees met aksies om
cronies ter wille te wees met ompaaie.

Maar dalk kry ons dit. Who knows. Ons het actually 'n minister van
gesondheid gekry so 'n paar maande gelede wat gese het daar is iets
soos vigs en ons openbare hospitale IS in 'n kak toestand.
En 'n minister van polisie wat gese het daar IS baie misdaad en ja ons
moet iets daaraan doen.

(Die twee goed is moderne Suid-Afrikaanse wonderwerke....)

En as die Seacom-kabel saam met WiMax kan begin werk, gaan alles
skielik beter kan wees. Ha,ha!! Daar is natuurlik 'n 100 maniere om
dit NIE te doen nie. Ons gaan hulle seker almal uitprobeer.

Gou 'n Telkom-storie van onlangs. Waar ek werk het hulle van die
afdelings na 'n gebou teen die bult op geskuif. Toe moetdie kantore
ook aan die IT-netwerk gekoppel word. Dis maklik. Die nuwe kantore kyk
reguit na die ou kantore. Al wat jy doen is om 'n antenna op albei
neer te sit en 'n radio-link te maak. Seker so twee dae se werk.
Maar hulle MAG dit nie gedoen het nie want die wet het bepaal enige
kommunikasie wat oor 'n openbare pad gaan, kan NET deur Telkom opgerig
word.
Dus: Bel Telkom, wag jou gat af en betaal jou gat af wanneer hulle dit
eendag kom oprig.

Hoor vandag iemand se familielid is nog in die besigheid om appies by
Telkom te leer. En hy se die klasse is deesdae gevul deur daai outjies
wat die baseball cap net oor hulle oe trek en begin slaap. Hy se
Telkom face 'n periode waarin hulle tegnici fokkol gaan weet en niks
gaan regkry nie.

(IN die stadium is my ideale werklikheid dat Seacom en WiMax gebeur en
konnekteer en in daardie omgewing kry ek as 'n verbruikers meer as een
aanbieding EN Telkom vou onder sy eie verlede en hede.)
Re: Telmom Update [boodskap #118948 is 'n antwoord op boodskap #118947] So, 22 Februarie 2009 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Iets oor die Sat-3 van Wikipedia:

Prices for SAT-3 bandwidth in the African countries it serves are high
(USD$4500-$12000 per Mbit/s per month, over 50 times greater than
bandwidth prices in the U.S.) in large part because operators have
monopoly control of access. The lowest rates occur in Ghana, where the
Ghana Internet Service Providers Association (GISPA) organized a 2
year negotiation with and court fight against Ghana Telecom. SAT-3
monopolies are due to expire in June 2007 and license agreements are
being renegotiated. Many organizations, including the Association of
African Universities, have lobbied for bandwidth price reductions
and/or open access.
Re: Telmom Update [boodskap #118949 is 'n antwoord op boodskap #118947] So, 22 Februarie 2009 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Feb 2009 18:25:50 +0200, Ferdi wrote:

>

Slegs enkele aanmerkings

> All of a sudden Sondagmiddag 2 uur lui die foon.
>
> "THis is Sam from Telkom. Your line is fixed."
>
> That's it. Na 1.5 weke.
>
> Geen verduideliking, geen details.... niks.
>

en nog nie een Woensdag nie. Verassend, hulle is bereid om op selfs 'n
Sondag te werk, want kliëntediens is belangrik. Het jy erkenning
betuig?

> En as ek nie wil lyn-huur betaal vir die tyd nie, moet EK hulle kontak
> en aansoek doen. Met die verwysingsnommers ens.
>
Mens sal miskien effe skuldig voel na hul tegnici bereid was om
dwarsdeur die naweek te werk ten einde kliënte tevrede te hou.

> So as 'n ou omie of tannie net nie bv 'n selfoon gehad het om Telkom
> te bel (en lank aan te hou nie) het hulle nie 'n verw. nommer gekry
> nie.
>
> In een van die talle gesprekke met die Call Centre die volgende 2
> dinge:
>
> 1. Call Centre: "You cannot expect us to phone millions of people and
> tell them the line is going to be cut!"
>
> (Vergeet gou dat Telkonm NIE eers 'n miljoen kliente het nie...)
>
> EK: "Yes I can. If you don't have the personal, appoint them. You
> don't have a problem billing those millions every month and collecting
> money from them, do you?"
>
>
> 2. "I will send your comment through to the Technical dep. We don't
> talk the them either."
>
> Daar is die crux dus: 'n Call Centre GEKONTRAKTEER en TUSSEN Telkom en
> sy kliente geplaas. So hoef Telkom self nie die onaangenaamheid deur
> te maak om ACTULLY met kliente te praat nie. Die Call Centre praat en
> die Call Centre werk nie vir Telkom nie...
>
> Ek onthou talle sprekers van British Telecom in die jare tagtig wat
> hier op kongresse vir die ou Telkom crowd gereeld vertel het dat dit
> een van die sleutel-faktore was toe hulle uit hul monopolie in die
> mark getree het - dat hulle actually met die kliente moes praat en
> kontak maak. Die een ou het nog vertel van die voorsitter van BT (sir
> Iemand) wat die dag moes huis toe gegaan het van skok toe hy hoor hy
> sal voortaan actually soms oproepe van gewone kliente moet aanvaar....
> (Dit gehoor, Sir September...?)
>
> Dit was in tye toe die ou Telkom destyds die skrif aan die muur gesien
> het en begin voorberei het om te privatiseer. Hulle het toe tegnies
> geprivatiseer maar 1994, AA en BEE (die regering is die grootste
> enkele aandeelhouer in Telkom plus 'n klomp van sy cronies is big time
> bemagtig met Telkom aandele) het dit in wese 'n skyn-privatisering
> gemaak.
>
> Iemand wat Telkom wil privatiseer sal dit waarskynlik moet opbreek
> soos met die Bells in die VSA gedoen is.
>
> Dis eers nou met Neotel tegnies 'n werklikheid en die Seacom-kabel wat
> finalisering nader, dat Telkom in werklikheid dalk in die mark sal
> moet meeding. Die nuwe lot arrogante grypers kan gerus al daai ou
> sprekers van BT WEER nooi en bietjie luister.
>
> En Neotel... Shame. Die arme ou Neotel. Ek het nogal hoop vir hulle
> gehad, maar hulle lyk in die stadium nog kakker as Telkom.
> Ons hoop is waarskynlik in 2 dinge wat goed DALK kan oopsluit:
>
> 1. Die Seacom-kabel wat in Julie gaan begin werk. Op die oomblik is SA
> met net een kabel aan die buite-wereld verbind. Het sy naam nou
> vergeet, SAT3 of so iets.
>
> Telkom se hy besit dit. En niemand kan bewys, lyk dit, hy besit dit
> nie. Gerugte is dat die kabel vir jare al ver onder kapasiteit bedryf
> word omdat Telkom se pryse iets soo 5 keer die wereld-gemiddeld is.
>
> Dit is hoekom julle konneksies met die buite-wereld so stadig is.
> Telkom is baie kere in die verlede al gevra hoek kan ons nie INTERN in
> SA 'n broadband-netwerk laat ontwikkel nie. Hulle antwoord was altyd
> dat hulle nie kan onderskei tussen interne verkeer en verkeer na die
> buiteland nie.
>
> Ek het altyd gedink "duh...!" Laat die verkeer net vloei. Tussen my en
> Dave sal dit vinnig wees (optiese vesel tussen Jhb en Durban) en
> tussen Dave en Joti in die VSA sal dit stadig wees (Telkom se ou
> kabel). Maar anyway.
>
> Die Seacom-kabel begin glo Julie werk, het glo baie kapasiteit en word
> besit deur 'n versameling van maatskappye. Meer as 50% Suid-Afrikaans
> (soos die regering bepaal het) en ek dink die Neotel crowd is daar in.
> Miskien gee dit hulle die guts om actually teen Telkom te probeer
> meeding. Meeding in plaas van 'n kartel te vorm...
> In die stadium bied hulle in werklikheid DUURDER diens as Telkom aan
> wat MINDER bied.
>

Dit sal nie verander na Julie nie. Want brood het nie goedkoper geword
na petrol se pryse geval het nie. Die voedselverskaffers het nie aan
hul pryse geraak nie, en Raymond Ackermann het naam gemaak deur
simpatiek te reageer. Binnekort gaan petrol weer duurder word en dit
sal kospryse verder opjaag. Internet sal omrede dieselfde monopolie
nie goedkoper word nie.

>
> 2. WiMax en hof-uitsprake dat engiemand effektief in die toekoms
> kommunikasie-netwerke kan bou.
>
> Ja, vriende!! (soos die seremonie-meerster se...) In die verlede was
> dit NET TELKOM wat dit MAG gedoen het. En die toegewing kom na
> miljoene rande se hof-aksies wat tot op die einde verbete deur die
> minister van KOMMUNIKASIE (ha,ha!) BEVEG was. Sy het gese OMDAT die
> regering daartoe verbind is om telekommunikasie uiteindelik te bevry
> (van die Telkom-monopolie), kan sy nie toelaat dat enigiemand BEHALWE
> Telkom kommunikasie-netwerke mag oprig nie. Sy het dit anders bewoord,
> baie meer bewolk en deurtrek met cliches en verwronge logika ens. Maar
> dis op die einde wat sy gese het.
>
> WiMax bied die geleentheid om moer vinnige radio-vernindings oor groot
> areas te vestig. Dit word al in die VSA big time uitgerol. En dis nie
> nodig om kabels te le nie. Ideaal vir SA wat genoeg kennis in
> infrastruktuur het om sulke verbinding vinnig tot stand te bring, maar
> 'n probleem het om kabels te le en te beskerm teen diefstal.
>
> Hier in SA WAS daar een of twee WiMax-lisensies uitgereik. Maar dis
> alles teruggetrek omdat dit vir cronies uitgereik is en van die groot
> spelers hofaksies gebring het. Toe is alle lisensies teruggetrek. Nou
> moet ons klaarblyklik weer deur 'n lang proses gaan. So, terwyl die
> res van die wereld dit uitrol en die selfoon-wereld reeds begin
> voorberei vir 4G (wat WiMax onder meer is) sit ons verlam. En wanneer
> ons begin optree, gaan dit waarskynlik deurspek wees met aksies om
> cronies ter wille te wees met ompaaie.
>
> Maar dalk kry ons dit. Who knows. Ons het actually 'n minister van
> gesondheid gekry so 'n paar maande gelede wat gese het daar is iets
> soos vigs en ons openbare hospitale IS in 'n kak toestand.
> En 'n minister van polisie wat gese het daar IS baie misdaad en ja ons
> moet iets daaraan doen.
>
> (Die twee goed is moderne Suid-Afrikaanse wonderwerke....)
>

of anders is daar is 'n verkiesing op pad wat die tipe uitsprake
handig kan maak.

> En as die Seacom-kabel saam met WiMax kan begin werk, gaan alles
> skielik beter kan wees. Ha,ha!! Daar is natuurlik 'n 100 maniere om
> dit NIE te doen nie. Ons gaan hulle seker almal uitprobeer.
>
> Gou 'n Telkom-storie van onlangs. Waar ek werk het hulle van die
> afdelings na 'n gebou teen die bult op geskuif. Toe moetdie kantore
> ook aan die IT-netwerk gekoppel word. Dis maklik. Die nuwe kantore kyk
> reguit na die ou kantore. Al wat jy doen is om 'n antenna op albei
> neer te sit en 'n radio-link te maak. Seker so twee dae se werk.
> Maar hulle MAG dit nie gedoen het nie want die wet het bepaal enige
> kommunikasie wat oor 'n openbare pad gaan, kan NET deur Telkom opgerig
> word.
> Dus: Bel Telkom, wag jou gat af en betaal jou gat af wanneer hulle dit
> eendag kom oprig.
>
>
> Hoor vandag iemand se familielid is nog in die besigheid om appies by
> Telkom te leer. En hy se die klasse is deesdae gevul deur daai outjies
> wat die baseball cap net oor hulle oe trek en begin slaap. Hy se
> Telkom face 'n periode waarin hulle tegnici fokkol gaan weet en niks
> gaan regkry nie.
>
> (IN die stadium is my ideale werklikheid dat Seacom en WiMax gebeur en
> konnekteer en in daardie omgewing kry ek as 'n verbruikers meer as een
> aanbieding EN Telkom vou onder sy eie verlede en hede.)
Re: Telmom Update [boodskap #118981 is 'n antwoord op boodskap #118949] Ma, 23 Februarie 2009 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Feb 2009 19:01:17 +0200, Dave wrote:

> On Sun, 22 Feb 2009 18:25:50 +0200, Ferdi wrote:
>

>
> Slegs enkele aanmerkings
>
>
>> All of a sudden Sondagmiddag 2 uur lui die foon.

>> "THis is Sam from Telkom. Your line is fixed."

>> That's it. Na 1.5 weke.

>> Geen verduideliking, geen details.... niks.

>
> en nog nie een Woensdag nie. Verassend, hulle is bereid om op selfs 'n
> Sondag te werk, want kliëntediens is belangrik. Het jy erkenning
> betuig?

Die aanvanklike sonde maak die uiteinde nie reg nie.
Die ou word heel waarskynlik (in fact ek is seker) baie oortyd betaal.
Dit kom uit die oordadige pryse wat Telkom vra.

Dis ook die tegniese afdeling wat belofte of belofte van die call
centre gebreek het dat hulle my sal kontak om te se wat die probleem
is en my 'n idee sal gee van wanneer dit reggemaak sal word.

Die fight le by daai aanvanklikheid. Om die klient in te lig. En om
beloftes te hou.

En die verbering daarvan word nie reggemaak deur die feit dat hulle
uiteindelik die lyn herstel het nie.

Kom on gaan gou terug na daai sin: Dat hulle uiteindelik die lyn
herstel het.

Dis wat hulle moet doen. Dis waarvoor hulle my geld maand op maand
vat.

Vergelykbaar met die volgende: Jy gaan koop groente by die winkel.
Twee keer bring jy - nadat jy betaal het - die groente terug omdat dit
vrot is. Elke keer word jy met arrogansie hanteer.

Die derde keer laat hulle jou eers 'n uur wag. Dan bring hulle groente
wat nie vrot is nie.

Nou vra iemand jou: Was jy darem vriendelik en baie dankbaar omdat
hulle jou vars groente gebring het, nogal na jou toe gebring, he?

Ek het vir die ou hello dankie en totsiens gese. Dis menslikheid.
Verder as dit? Ek het hom tegemoetgekom deur hom nie te vra
watdedonner was die case nie.

En as ek nie wil lyn-huur betaal vir die tyd nie, moet EK hulle
kontak
>> en aansoek doen. Met die verwysingsnommers ens.

> Mens sal miskien effe skuldig voel na hul tegnici bereid was om
> dwarsdeur die naweek te werk ten einde kliënte tevrede te hou.

Hiedie klient was nie tevrede gehou nie. Hierdie klient in diep onder
die indruk daarvan dat hy met arrogansie behandel is, dat Telkom vir
hom gelieg het en beloftes gebreek het en nie die moeite gedoen het om
hom op hoogte te hou van waarom die diens waarvoor HY betaal en
GEREELD betaal, eensydig en tot groot ongerief vir hom verbreek was
nie.

Hierdie klient betaal sy rekening gereeld, op tyd en ten volle. Nog
nooit het Telkom hom bedank dat hy dit doen nie. Hy sal baie verward
wees as Telkom dit sou doen, want dit is sy deel van die ooreenkoms -
dat hy sy rekening sal betaal. Daarvoor is daar nie spesiale dankies
nie. Dis die ooreenkoms. Dieselfde anderkant toe.
Re: Telmom Update [boodskap #118982 is 'n antwoord op boodskap #118981] Ma, 23 Februarie 2009 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Feb 2009 22:09:39 +0200, Ferdi wrote:


>>> All of a sudden Sondagmiddag 2 uur lui die foon.
>
>>> "THis is Sam from Telkom. Your line is fixed."
>
>>> That's it. Na 1.5 weke.
>
>>> Geen verduideliking, geen details.... niks.
>

Ek het my nie regtig vermaak in jou Telkomiese leed nie
maar dat ek jou omgekraptheid heel telkomies gevind het,
wel..., dis lekker om partykeer vraende kyke te ontlok deur
hardop uit te bars hier oor die keybord:-o

Dit herinner dat ek tog, na ook my eie negatiewe siening oor Telkom,
'n heel positiewe ervaring hier gehad met die mense.

Toe ek my woonstel betrek het, (in 2004) was hier geen telefoonlyne
nie. Ek wou 'n telefoonlyn in die sitkamer hê en een in een van die
slaapkamers wat ek as 'n kantoor ingerig het.

Ek het vir die tegnikus, in Indiër gesê waar hy die ekstensies
(uitbreidings?) moet aanlê, en toe ek hom wou betaal vir die ekstra
een, het hy gelag en iets gesê soos 'Telkom weet nie daarvan nie.
Welkom in Durban. Dit is 'n geskenk'.

Dit beklemtoon weer dìt dat 'n maatskappy is diegene wat vir hom werk.
As die roeiers nie weet hoe om die spane vas te hou nie, sal die golwe
die boot omkeer.©

Ek's bly jy's terug. Ons sal nou nie meer kan skinner nie, maar dis
van minner belang:-)
Re: Telmom Update [boodskap #118985 is 'n antwoord op boodskap #118982] Di, 24 Februarie 2009 12:29 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Feb 2009 23:01:18 +0200, Dave wrote:

> On Mon, 23 Feb 2009 22:09:39 +0200, Ferdi wrote:
>
>
>>>> All of a sudden Sondagmiddag 2 uur lui die foon.
>>
>>>> "THis is Sam from Telkom. Your line is fixed."
>>
>>>> That's it. Na 1.5 weke.
>>
>>>> Geen verduideliking, geen details.... niks.
>>
>
>
> Ek het my nie regtig vermaak in jou Telkomiese leed nie
> maar dat ek jou omgekraptheid heel telkomies gevind het,
> wel..., dis lekker om partykeer vraende kyke te ontlok deur
> hardop uit te bars hier oor die keybord:-o
>
> Dit herinner dat ek tog, na ook my eie negatiewe siening oor Telkom,
> 'n heel positiewe ervaring hier gehad met die mense.
>
> Toe ek my woonstel betrek het, (in 2004) was hier geen telefoonlyne
> nie. Ek wou 'n telefoonlyn in die sitkamer hê en een in een van die
> slaapkamers wat ek as 'n kantoor ingerig het.
>
> Ek het vir die tegnikus, in Indiër gesê waar hy die ekstensies
> (uitbreidings?) moet aanlê, en toe ek hom wou betaal vir die ekstra
> een, het hy gelag en iets gesê soos 'Telkom weet nie daarvan nie.
> Welkom in Durban. Dit is 'n geskenk'.
>
> Dit beklemtoon weer dìt dat 'n maatskappy is diegene wat vir hom werk.
> As die roeiers nie weet hoe om die spane vas te hou nie, sal die golwe
> die boot omkeer.©
>
> Ek's bly jy's terug. Ons sal nou nie meer kan skinner nie, maar dis
> van minner belang:-)

Wat jy se is o.m. ook wat my de moer is maak oor hulle. Hulle verstaan
net nie.

Die call centre is vriendelik. Die tegnici in die algemeen is
vriendelik en waarskynlik bevoeg.

Tussen die twee kry hulle dit egter reg om hulle kliente de wetter in
te maak en arrogant op te tree. Dis waarskynlik 'n bestuurskwessie en
een van attitude. Dis eerder 'n geval van "wat MOET ons doen om goed
te lyk" teenoor "wat kan ons doen om RERIG goeie diens te lewer".

Ek is bevrees ek dink hulle gaan die een of ander tyd inmekaar val.
Hulle sal egter nie die enigste groot mpy in die media-omgewing wees
met wie dit gebeur nie...
Vorige onderwerp: Verdere Telkom update
Volgende onderwerp: Dave - Foto Edit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:57:18 MGT 2024