Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Jan Taks en die Wet
Jan Taks en die Wet [boodskap #118924] Do, 19 Februarie 2009 12:11
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Nou moet ek, nie die eerste keer nie, vir Jan Taks die wet leer.
Desember het ek beswaar aangeteken teen die aanslag omdat
ek belas word met 100% van ons huurinkomste terwyl my vrou en ek binne
gemeenskap van goedere getroud is en die eiendomme dus op ons albei se
name geregistreer is.

In Desember het ek hulle daarop gewys dat hulle verkeerd is en ek
slegs met 50% daarvan belas moet word, omdat indiidue afsonderlik
belas word. Dit is met eFiling gedoen en begin Feb kry ek 'n brief
(seker vormbrief wat aan almal gestuur is) wat sê dat hulle inligting
daarop dui dat ek nie van eFiling gebruik maak nie. Dit is die tweede
jaar al wat ek via eFiling pos.

My antwoord daarop was dat my inligting daarop dui dat hulle nie van
die eFilingvoordele gebruik maak nie en iemand moet kry om hulle te
leer hoe om daarmee te werk. En hulle uitgenooi om my te bel.
Nie om hulle te leer nie maar as hulle dit wou bespreek.

Nou kry ek (so paar dae gelede) weer slegs my oorspronklike aanslag
geherpos aan my, met fasilliteite om dit (die oorspronklike) te
verander. Ek het nou net 'n stink antwoord gestuur, en daarop gedui
wat die wet sê oor die feit dat individue al jare lank afsonderlik
belas word.

Hulle probleem is dat ek in Afrikaans skryf. En hulle skryf geen woord
terug nie maar stuur net vorms wat ek weer in Afrikaans antwoord.

Mense verdra te veel van hulle. Die jaar waarin ons hierheen getrek
het, het hulle gesê dat ek R25000 moet inbetaal. Ek het gesê dat hulle
nie weet wat hulle praat nie, maar dat hulle my geld skuld. Hulle gaan
sien en hulle het my R7000 betaal. Dit was ook nie die eerste keer
nie. Mense moet nie net betaal wat Jan Taks wil hê nie.

Nou is dit interessant wat nou gaan gebeur. Toe ek in eFiling sê dat
my taal by hulle aangeteken is as Afrikaans en waarom ek my
aanslagvorms en alle ander korresondensie in Engels kry, is dit ook
bloot (in Engels) geignoreer.
Vorige onderwerp: die rente is 'wettig'
Volgende onderwerp: Hoekom styg die rand?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:09:28 MGT 2024