Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Ballade van die Bloeddorstige Jagter - G.A. Watermeyer
Ballade van die Bloeddorstige Jagter - G.A. Watermeyer [boodskap #118637] Vr, 23 Januarie 2009 23:56 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die geelkapel se kronkels lê
drie sirkels om die maan.
Met watter woede sal die wind
teen middernag sy tentseil slaan?

Uit elke kloof en krans
hoor hy die klipdas skree,
die ou wildwrede roep
van lang verstarde wee.

Oor kimme van die ooste ruk
die werwelwind sy mane los.
Uit watter ribbes van die nag
kruip wonde teen die swarthaakbos.

Koor van die verminkte diere:

Ons was die hoefslag teen die grond,
die vlerkslag teen die lug;
maar ál wat lenig was het jy
in kronkels van die pyn ontwrig.
Re: Ballade van die Bloeddorstige Jagter - G.A. Watermeyer [boodskap #118658 is 'n antwoord op boodskap #118637] Vr, 30 Januarie 2009 01:24 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
vervolg

Jagter: Hy wat in die weerlig loop het my
uit dreuning van Sy stem geblaas,
my mag gegee oor al wat hier
in vleie en die vlaktes graas.

Koor: Ons kyk uit oë soos jy kyk
en asem uit dieselfde long
en deel die dydrif en die dors,
die angs waarmee die moeders jong.

Jagter: Die soetvleis en die sagte vleis
van al wat op die aarde loop
en in die seë swem, sal ek
na wellus in my hutte hoop.

Kraai: Wee as die skubbe van die haat
die weekvlies om die hart verdring;
laat elkeen wat hier donker lê
die sleepsel van sy lyding bring.
Vorige onderwerp: " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Hy Hou Wag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:43:13 MGT 2024