Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Môrester " deur DONALD RIEKERT
" Die Môrester " deur DONALD RIEKERT [boodskap #118521] Ma, 22 Desember 2008 22:42
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
" Die Môrester " deur DONALD RIEKERT

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine
Vorige onderwerp: " Weer in die Ark" deur TOTIUS
Volgende onderwerp: Ballade van die Bloeddorstige Jagter - G.A. Watermeyer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:40:02 MGT 2024