Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Ferdi - Vista
Ferdi - Vista [boodskap #118477] Do, 27 November 2008 06:43 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hi Ferdi

Hier doen 'n gerug die rondte dat Microsoft Vista volgende jaar Februarie
gestop gaan word. Het jy dalk meer inligting aangaande die akuraatheid
daarvan

Groete
Re: Ferdi - Vista [boodskap #118478 is 'n antwoord op boodskap #118477] Do, 27 November 2008 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Nov 2008 08:43:03 +0200, "Riaan" wrote:

> Hi Ferdi
>
> Hier doen 'n gerug die rondte dat Microsoft Vista volgende jaar Februarie
> gestop gaan word. Het jy dalk meer inligting aangaande die akuraatheid
> daarvan
>
> Groete
>

dan word hy gestop nog voor ek hom gebruik.
Ek het hom onlangs geinstalleer maar my modem wou nie in goeie
buurskap met die 64bit version ooreenkom nie. Dit is toe ook deur
my ISP bevestig en ek is terug na XP.

Ek het 2 nuwe rekenaars laat bou wat op my wag in die Transvaal
en is gevra oor Vista wat reeds op die een geinstalleer is. Ek het
gesê dat dit daar gelaat moet word maar weet dat ek (miskien 32 bit
maar heelwaarskynlik) sal terugkeer na XP.

Wanneer kom jy Durbs toe Riaan?
Maar ek dink jy het gepraat van middel Des erens.
Re: Ferdi - Vista [boodskap #118480 is 'n antwoord op boodskap #118477] Do, 27 November 2008 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Nov 2008 08:43:03 +0200, "Riaan" wrote:

> Hi Ferdi
>
> Hier doen 'n gerug die rondte dat Microsoft Vista volgende jaar Februarie
> gestop gaan word. Het jy dalk meer inligting aangaande die akuraatheid
> daarvan
>
> Groete

Sover ek weet gaan Windows 7 volgende jaar uitgereik word. 'n Nuwe
Windows, maar volgens Amerikaners op websites wat al demonstrasies
gesien het of met betal code gespeel het, is dit eintlik opgejackte
Vista met 'n paar nuwighede by.
Dit saam met die feit dat Vista nie juis aanvaar was nie omdat dit te
bewerig is en compatibility probleme het ouer programme en apparatuur
het, laat 'n mens dit Win 7 gaan eintlik die moeder van alle patches
vir Vista wees.
Dan sal Vista dalk ge-can word. MS het dit met Windows ME ook gedoen
wat tussen Win95 en XP gekom het en ewe bewerig was. Dit was 'n fokkin
hond van 'n bedryfstelsel gewees. Ek kon dit nie eers behoorlik laat
werk nie.
Moet se toe ek Vista op my een rekenaar gesit het - laas jaar - moes
ek met my selfoon die skerm afneem om die blou skerm se boodskap te
kon lees om te probeer vasstel hoekom die ding in 'n loop is.
Die blou skerm het so vir 2 sekondes verskyn voor 'n eindelise re-boot
begin het.
Het dit op 'n nuwe rekenaar gesit waar dit toe mooi werk, maar ek het
dit saam met XP opgesit.
Gebruik XP standaard en Vista net om nou en dan daarna te kyk.

Gaan na www.gizmodo.com en soek Windows 7 in die search window.
Re: Ferdi - Vista [boodskap #118482 is 'n antwoord op boodskap #118478] Do, 27 November 2008 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:kggsi4tvmfe3ukctc3j8khji9lohug550e@4ax.com...

> Wanneer kom jy Durbs toe Riaan?
> Maar ek dink jy het gepraat van middel Des erens.

Vanaf die 21 ste tot die 3de - Hoop ons kry beter weer as laas jaar. Dit
maak my so die moer in om te dink ek moet Desember op vakansie gaan. Ek sou
regtig verkies het om dit eerder in April te doen, maar dit is op die
staduim onmoontlik want my dogtertjie se kleuterskool maak 1 Desember toe.
Dit beteken dat dit vir 'n normale persoon onmoontlik is om deur die loop
van die jaar verlof te vat want anders het jy nie genoeg dae om jou deur die
toe kleuterskool te kry nie - 'n volle maand waarvoor jy natuurlik moet
betaal want die juffrou soek ook mos 'n bonus

Absolute kak.
Re: Ferdi - Vista [boodskap #118488 is 'n antwoord op boodskap #118480] Vr, 28 November 2008 02:55 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Dit saam met die feit dat Vista nie juis aanvaar was nie omdat dit te
> bewerig is en compatibility probleme het ouer programme en apparatuur

My man het in die laaste paar weke 'n nuwe
rekenaar gekoop, maar onmiddellik gekla oor
'n "warble" aan die einde van liedere wat hy
speel. Ek het gewonder of hy 'n lemon gekoop
het. Maar miskien is die probleem "Vista" wat
daarop gelaai is. Ek het vir hom vertel wat julle
daaroor sê. So mens moet maar teruggaan na
die XP totdat iets beter opdaag?

Gloudina
Vorige onderwerp: Viva Skype!! Panzi Telkom!!
Volgende onderwerp: Monitors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:47:41 MGT 2024