Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Naweekpas" deur ANTJIE KROG
" Naweekpas" deur ANTJIE KROG [boodskap #118151] Di, 15 Julie 2008 15:06 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
NAWEEKPAS
Antjie Krog

skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en ‘n hewige opmars van simbale oor die veld

daars ‘n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos ‘n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
‘n toekoms vir sy ondergang te bou.
Re: " Naweekpas" deur ANTJIE KROG [boodskap #118157 is 'n antwoord op boodskap #118151] Wo, 16 Julie 2008 08:25 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:716a0ca1-8c98-4e8c-823d-cafb2092deea@e53g2000hsa.google groups.com...

NAWEEKPAS
Antjie Krog

skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en 'n hewige opmars van simbale oor die veld

daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van onrus
en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
'n toekoms vir sy ondergang te bou.

-----Hierdie ding is vir my baie amusant. So baie mense skryf oor die tyd
van die grensoorlog en so baie was nie eers naby aan die affêre nie.
Oningeligde mense wat nie 'n clue het waaroor dit gegaan het nie. Ek kyk
so na Anna se troep se magsnommer 68, dis die jaar waarin hy 16 was en dat
sy reken hy was in die Kommando vir die Bloemfontein distrik en dat hy sou
geweld belewe het buiten opleiding en kampe? Nogal mortiere en landmyne!
Sy het 'n ooraktiewe verbeelding en dalk het haar troep vir haar effe gelieg
soos in 99% van die gevalle van soldate met 'groot stories' oor die grens
van die grens af gekom het. Die werklike harde feite is dat meer as 80%
van al die soldate wat ooit op die grens was, nooit eers 'n terroris lewend
in kontak gesien het nie!
Vorige onderwerp: " Vraag aan die Boogskutter " deur ERNST VAN HEERDEN
Volgende onderwerp: " Son op jou tong " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:04:35 MGT 2024