Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uys Krige - "Die seemeeu"
Uys Krige - "Die seemeeu" [boodskap #117996] Vr, 27 Junie 2008 22:57
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uys Krige was ’n besondere figuur in die Afrikaanse letterkunde. Hy
was die eerste sogenaamde boheemse kunstenaar hier en meer kosmopoliet
as enige van sy tydgenote. Hy was die eerste Afrikaanse skrywer wat
hom deur sy politieke uitsprake van die regeringsbeleid van daardie
jare gedistansieer het. Heelwat van sy werk het ontstaan buite die
grense van sy vaderland. Krige het bekendheid verwerf deur sy gedigte,
prosaverhale, reissketse en dramatiese werk.
M. Nienaber-Luitingh


Die seemeeu

Tussen die wit huis
en die wit huis,
teen die wit wolk,
teen die grys berg
hoog bo die see
silwer en grys
silwer en grys
van golwe aaneen
tot die verste vaal
horisonne heen,
styg en daal,
styg en daal
die wit seemeeu
aaneen
alleen …

Wat sing die see?
Wat kla die wind?
Wat roep die meeu?
Wat snik die hart
aaneen
alleen?

Die see sing,
die wind kla,
die meeu roep,
die hart snik
tussen die wit huis
en die wit huis
op die helder dag
silwer en grys,
silwer en grys;
waarheen?
waarheen
aaneen
alleen, alleen, alleen?
Vorige onderwerp: " Elegie " deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: " Die Kalksteengroef " deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:38:19 MGT 2024