Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ons klein en silwrige planeet " deur N.P. van Wyk Louw
" Ons klein en silwrige planeet " deur N.P. van Wyk Louw [boodskap #117639] Di, 17 Junie 2008 20:57
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
ONS KLEIN EN SILWRIGE PLANEET
N. P. Van Wyk Louw

Ons klein en silwrige planeet
is ryker as die gode weet

die koring is ‘n heuningsel
waaruit die goue aarde wel

die wingerd is ‘n sooi-geel bron
wat uit die erts prut na die son

ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein.
Vorige onderwerp: " Hooglied vir die Oorlewende " deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: " die ysterkoei moet sweet"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:31:56 MGT 2024