Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig waarmee Riaan homself kan vereenselwig
Gedig waarmee Riaan homself kan vereenselwig [boodskap #117270] Vr, 16 Mei 2008 08:01 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
LANGENHOVEN

DIE ARME BLANKE
Ek is 'n arme blanke,
sieklik en naar en vuil,
stukkend en bijna nakend;
wie sal sij lot met mij ruil?

Weet julle hoedat mij naam is?
Die edelste naam wat jul eer.
Ek is 'n Afrikaner
wat Afrika's naam verteer.
Ek is 'n arme blanke,
die kind van 'n voorgeslag
van dappere, eerbare helde:
word ek deur julle verag?

Ons is 'n honderdduisend,
almaal so goed soo jij;
waar julle spog oor vooruitgang,
spog maar bij ons verbij.

Oupa het saam met sij maters
besluit om op trek te gaan;
oupa het saam met die ander
bij Bloedrivier pal gestaan.

Droogte en pestilensie,
moordlus van wilde barbaar,
alles was vir mij nasie
geen onowerkomelik gevaar.

Hier bij die bronne van welvaart,
hier is ons siekte ontstaan;
hier bij die nasleep van welvaart
dreig ons om ook te vergaan.

Maar gee tog mij kinders 'n kansie,
gee hul tog nuwe moed;
denk tog, die kinders is almaal
kinders van julle bloed.

Gee tog die kinders 'n kansie,
ek is al afgeleef;
ek bid dat die nag mij wil saamneem,
dis al wat ek wetend na streef.

Ek is 'n arme blanke;
ek bid, en ek smeek, en ek vra:
help tog jul eie famielie,
help óns, Suidafrika.
Re: Gedig waarmee Riaan homself kan vereenselwig [boodskap #117281 is 'n antwoord op boodskap #117270] Vr, 16 Mei 2008 15:02 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" haal aan

> LANGENHOVEN
>
> DIE ARME BLANKE
> Ek is 'n arme blanke,
> sieklik en naar en vuil,
> stukkend en bijna nakend;
> wie sal sij lot met mij ruil?

Riaan, ek is bly jy hou van hierdie gedig.
Maar ek hoop jy besef dat die tema waaroor
Langenhoven skryf, gaan oor dit wat ons
vandag "armblankes" sou skryf.
Ek neem aan dat in die oorspronklike
gedig Langenhoven wel van "die arme
blanke" gepraat het, maar hy het verwys
na daardie deel van die Afrikaner bevolking
wat in die dertigerjare, gedurende die
Groot Depressie, wat in 1929 begin het,
so down en out was dat hulle, soos vandag
se plakkers, half in die strate en in die bulte
gebly het, en as hulle gelukkig was, bywoners
op plase geword het. Hierdie sosiale verskynsel
was een van die redes hoekom daar gedurende
die dertiger en veertigerjare van die twintigste
eeu 'n deel van die Afrikaner nasionaliste dit as
hulle funksie gesien het om hierdie armblankes
op te hef. Een van die mees effektiewe maniere
was om beurse vir verdere studie aan die kinders
van hierdie armblankes te gee en hulle sodanig
op te hef.
Ek dink jy kan nie die Afrikaner blankes
van vandag vergelyk met die armblankes van
die dertigerjare nie. Vandag sit meeste Afrikaners
nog om die vleespotte relatief gesproke. Die
mense wat jy met die wit armblankes van die
dertigerjare kan vergelyk, is daardie nie-blankes
( en seker sommige blankes) wat in plakkers-
kampe sit.

Gloudina
Vorige onderwerp: Brecht
Volgende onderwerp: " Bitterbessie Dagbreek " deur INGRID JONKER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:13:12 MGT 2024