Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Fragmente uit TRAM-ODE " deur UYS KRIGE
" Fragmente uit TRAM-ODE " deur UYS KRIGE [boodskap #116991] So, 27 April 2008 23:09
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Fragmente uit TRAM-ODE
Uys Krige

O wakker mars van name deur my gees
van stede, dorpe, plase - plekke waar ek eens gewees het,
waar ek verlang het om nog eendag te wees
toe ek as seun, verruk, onder die lamplig saans van hulle
gelees het...

Daar is ‘n haltjie, Dwaal,
te midde van die vale
godverlore dor Karoo.
En Arequipa in Peru.
Granada is ‘n sprokiestad in Andaloe.
Popocatepetl heet ‘n berg se piek in Mexico.
Die laaste stasie voor my tuiste het die mooi Xhosanaam, Waku.
Terra del Fuego, Tristan da Cunha, Put-Sonder-Water,
Kilimandjaro en Ruitersbospas;
en die Brahmapoetra en Baardskeerdersbos....

O Aldarin! o name, o versugting!
Op Pelgrimsrus in die Transvaal
wil ek weer hoor hoe klink my taal
skoner, welluidender as Provencal.
......
Waar is die wonder en die ou geloof
wat ek eens had as kind by Bontebokskloof?

Is daar nog loekwartbome om te roof
in die skadu van Leeukop, by Tamboerskloof?

Wat het die vuur, die vlam gedoof?
Die sprakeloos verrukking en die lofsang wat loof?
......
Maar die hart ken sy verdriet
oral, in elk landgebied,
in Kaapstad sowel as in Madrid.
......
Vorige onderwerp: " Gebed " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " Kontras " deur A.D. KEET
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:51:10 MGT 2024