Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Daar bloei ook blomme in Bloemfontein
Daar bloei ook blomme in Bloemfontein [boodskap #116458] So, 02 Maart 2008 13:58
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Midde-in rasspanning kry studentekerk swart leraar
Mar 01 2008 01:20:31:433AM - (SA)


Terwyl die rassespanning op die Vrystaatse Universiteit se kampus
hoog loop, is 'n swart proponent opgewonde oor die beroep wat hy van
die NG Studentekerk in Bloemfontein gekry het.

Prop. Simon (Sigh) Melaletsa is Sondag deur dié gemeente beroep om hul
Sotho-talige bediening te kom behartig.

Hy het sy teologiese opleiding in Bloemfontein gekry en is 'n
gelegitimeerde proponent van die NG Kerk in Afrika. Ds. Christo Louw,
predikant van die Studentekerk, sê hulle wil 'n multikulturele
gemeente wees.

Daarom het hulle naas hul Afrikaanse bediening ook 'n Engelse en 'n
Sotho-bediening.

Louw sê elke taalgroep word in sy eie taal bedien, maar daar is ook
gesamentlike lofprysings- en ander dienste.

Daarby is daar een kerkraad en gesamentlike komitees waarop al die
studente dien. Louw sê hulle ervaar geen rassespanning in die gemeente
nie. Die gemeente is opgewonde oor Melaletsa se koms.

Melaletsa, wat al as student by dié gemeente betrokke geraak het, sê
hy het gebid vir so 'n beroep.

Kerke fokus volgens Melaletsa soms op wat mense wil hê. Hy dink dis
belangrik om te fokus op wat God wil hê. - Neels Jackson
Vorige onderwerp: Dit is die skade wat die kerk aan ons doen...
Volgende onderwerp: Wanneer God zal zeggen: "O Jezus, zoon van Maria, gedenk Mijn gunst aan u en uw moeder...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:20:27 MGT 2024