Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Suidwester
Suidwester [boodskap #116204] Ma, 11 Februarie 2008 07:36 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die nuwe GWM (Steed) is in Suid Afrika vrygestel. Het hom gister vir die
eerste keer op die pad gesien, en alhoewel ek bitter min weet van hom tov sy
engin, kan ek wel noem dat daar niks met sy voorkoms fout gevind kan word
nie.

Hy kos ook maar net R170 000 en ek voorspel dat van hierdie tipe motors die
meer gevestigde handelsmerke in die nabye toekoms baie kopsere gaan gee.
Re: Suidwester [boodskap #116205 is 'n antwoord op boodskap #116204] Ma, 11 Februarie 2008 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1202715250.552104@vasbyt.isdsl.net...
> Die nuwe GWM (Steed) is in Suid Afrika vrygestel. Het hom gister vir die
> eerste keer op die pad gesien, en alhoewel ek bitter min weet van hom tov
> sy engin, kan ek wel noem dat daar niks met sy voorkoms fout gevind kan
> word nie.
>
> Hy kos ook maar net R170 000 en ek voorspel dat van hierdie tipe motors
> die meer gevestigde handelsmerke in die nabye toekoms baie kopsere gaan
> gee.
-----Ek het die voertuig op fotos gesien en soos jy sê, lyk dit glad nie
sleg nie. Ek weet ook nie of dit soos die ander Ching-karre ook die
nagemaakte 4Y van Toyota as enjin het nie, maar as mens na die kraglewering
kyk, dan lyk dit so. Meeste ouens wat na hierdie goed kyk, troos hulle
altyd self met die storie dat as daar 'iets Toyota' aan die Ching-kar is,
dan kan dit nie té sleg wees nie.
Mens moet egter die hare so effe lig en onder die wolle kyk na die karre
en dan sal jy verstaan hoekom die karre so goedkoop is. Jy kry eenvoudig
dit waarvoor jy betaal. Daar by julle jy julle mos eintlik net teerpad met
so af en toe 'n slaggat in, maar hier by ons ry ons ten minste so 70%
grondpad en nie altyd sommer sulke mak paaie nie. Partykeer galop die
sinkplaat so erg dat jy jou tandarts moet bel oor al die los tanne.
Dan klim jy onder hierdie Tata of Ching in en bekyk die onderdele wat jy
so sien en jy begin verstaan waarom die Toyota meer geld kos. Kwaliteit.
Miskien moet jy anders na die sakie kyk:

1. Hilux bakkie sê R180 000. Jy ry hom drie jaar en verkoop hom dan vir
R120 000. Dis kos die bakkie jou R60 000.
2. Tata/Ching: Bakkie kos sê R125 000. Jy ry hom drie jaar en jy
verkoop hom vir: R30 000....eh R35 000? Gaan jy 'n koper kry? Dus kos
hy jou amper R 100 000.
Ek suig dit nie uit my duim nie. 'n P�l het 3 Tata's vir sy lodge gekoop
en kan nou nie geld kry vir enigeen nie. Niemand wil die goed hê nie!
Onderdele ook nie. Daarenteen, as jy 'n Hilux wil verkoop moet jy dit net
vir een ou noem en die storie versprei vinnig.
Re: Suidwester [boodskap #116206 is 'n antwoord op boodskap #116205] Ma, 11 Februarie 2008 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> Ek suig dit nie uit my duim nie. 'n Pêl het 3 Tata's vir sy lodge
> gekoop en kan nou nie geld kry vir enigeen nie. Niemand wil die goed hê
> nie! Onderdele ook nie. Daarenteen, as jy 'n Hilux wil verkoop moet jy
> dit net vir een ou noem en die storie versprei vinnig.

My jonger broer het 'n Ssang Yong Rexton gekoop selfde tyd as wat ek my
Hilux gekoop het. Hulle gebruik steeds die turbo-aangejaagde Mercedes Benz
300D enjin, onder lisensie vervaardig met die MB logo op hom. Ek het
vantevore self 'n tydlank 'n Musso gery. Behalwe vir klein irritasies, nou
dit en dan weer dat, hou die ding aan en uit; jy kry hom nie by 'n scrap
yard nie, behalwe as hy in 'n ongeluk afgeskryf is.

Tweede handse waarde? Bestaan nie! Mense wil nie die ding hê nie. My
broer wil van sy Rexton ontslae raak, maar hy kan nie, behalwe as hy so min
of meer bereid is om die ding verniet weg te gee.

En as ek my Hilux sou wou verkoop? Geen probleem om 'n koper te kry nie!
Re: Suidwester [boodskap #116219 is 'n antwoord op boodskap #116206] Di, 12 Februarie 2008 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:k-KdndU2N5dI9y3anZ2dnUVZ8vKdnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
>> Ek suig dit nie uit my duim nie. 'n P�l het 3 Tata's vir sy lodge
>> gekoop en kan nou nie geld kry vir enigeen nie. Niemand wil die goed hê
>> nie! Onderdele ook nie. Daarenteen, as jy 'n Hilux wil verkoop moet jy
>> dit net vir een ou noem en die storie versprei vinnig.
>
> My jonger broer het 'n Ssang Yong Rexton gekoop selfde tyd as wat ek my
> Hilux gekoop het. Hulle gebruik steeds die turbo-aangejaagde Mercedes
> Benz 300D enjin, onder lisensie vervaardig met die MB logo op hom. Ek
> het vantevore self 'n tydlank 'n Musso gery. Behalwe vir klein
> irritasies, nou dit en dan weer dat, hou die ding aan en uit; jy kry hom
> nie by 'n scrap yard nie, behalwe as hy in 'n ongeluk afgeskryf is.
>
> Tweede handse waarde? Bestaan nie! Mense wil nie die ding hê nie. My
> broer wil van sy Rexton ontslae raak, maar hy kan nie, behalwe as hy so
> min of meer bereid is om die ding verniet weg te gee.
>
> En as ek my Hilux sou wou verkoop? Geen probleem om 'n koper te kry nie!
----As jy manne wil sien wat karre gebruik, dan moet jy gaan kyk by die
ouens wat hoogspanningsdrade onderhou en herstel. Hierdie elektrisiëns
moet jaag op grondpaaie om by noodpunte uit te kom en ry maklik oor die 180
000km per jaar. Enige normale dieselbakkie ry hulle binne 60 000km sat.
Toe't hulle Hilux 2.7's gekry en hulle reken die enjins gaan by 450 000km
verby en dan is die bak en die chassis vodde, maar daai enjin hou. Soos
hulle ry is die 2.7 egter baie swaar op petrol. Nou het hulle die 3.0
D4-D's, wat heelwat ligter op brandstof is en sover ek weet trek vele van
die bakkies al oor die 300 000km en nog geen enjinbreek nie....en hulle ry
sewe soorte stront uit dié bakkies uit. Kwaliteit. Dis waaroor Toyota
nou die grootste in die wêreld is.......
Re: Suidwester [boodskap #116220 is 'n antwoord op boodskap #116219] Di, 12 Februarie 2008 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
> ----As jy manne wil sien wat karre gebruik, dan moet jy gaan kyk by die
> ouens wat hoogspanningsdrade onderhou en herstel. Hierdie elektrisiëns
> moet jaag op grondpaaie om by noodpunte uit te kom en ry maklik oor die
> 180 000km per jaar. Enige normale dieselbakkie ry hulle binne 60 000km
> sat. Toe't hulle Hilux 2.7's gekry en hulle reken die enjins gaan by 450
> 000km verby en dan is die bak en die chassis vodde, maar daai enjin hou.
> Soos hulle ry is die 2.7 egter baie swaar op petrol. Nou het hulle die
> 3.0 D4-D's, wat heelwat ligter op brandstof is en sover ek weet trek vele
> van die bakkies al oor die 300 000km en nog geen enjinbreek nie....en
> hulle ry sewe soorte stront uit dié bakkies uit. Kwaliteit. Dis
> waaroor Toyota nou die grootste in die wêreld is.......

Raak gesê!!!!

Was die naweek in die Winterberge en met die Katbergpas op wat jare lank nie
meer in stand gehou word nie. Skande vir Oos-Kaapse Toerisme en
bewaringsowerhede dat hulle dit nie meer toeganklik maak nie. Aan die ander
kant, die ouens wat die vuurwaens het om daar in te gaan, het waarskynlik
oor die algemeen meer respek vir die omgewing en die bewaring daarvan. Ek
het dit rustig gevat met met my 2.5 D4-D; die ongewing ingedrink, dikwels
gestop, bergstroompies op, fotos geneem, ens. Op een punt terwyl ons
rustig gestaan en die omgewing verken het, hoor ek 'n voertuig aangedreun
kom - ESKOM in 'n landcruiser! - met 'n spoed wat die bestuurder waarskynlik
heeltyd halfpad tussen sy sitplek en die dak laat sweef het. Daar's 'n
goeie rede waarom landcruiser van sy ontwerp af in die veertigs - nog voor
landrover! - vir so lank feitlik onveranderd vervaardig word. Dié goed is
gebou om die hammering te vat!

Ons het 2 Hi-Ace kombis met die 21Y enjins na mekaar gery tot in die
omgewing van 400k sonder enige moeilikheid en selfs op daardie stadium het
hulle nog nie onbehoorlik baie olie verbruik nie.

Dan dink mens onwillekeurig aan die streng vereistes in Japan wat ouens
dwing om die enjins na 100k te vervang om besoedeling te bekamp.
Re: Suidwester [boodskap #116223 is 'n antwoord op boodskap #116220] Di, 12 Februarie 2008 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:27adnbDgrPVfxyzanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>> ----As jy manne wil sien wat karre gebruik, dan moet jy gaan kyk by die
>> ouens wat hoogspanningsdrade onderhou en herstel. Hierdie elektrisiëns
>> moet jaag op grondpaaie om by noodpunte uit te kom en ry maklik oor die
>> 180 000km per jaar. Enige normale dieselbakkie ry hulle binne 60 000km
>> sat. Toe't hulle Hilux 2.7's gekry en hulle reken die enjins gaan by 450
>> 000km verby en dan is die bak en die chassis vodde, maar daai enjin hou.
>> Soos hulle ry is die 2.7 egter baie swaar op petrol. Nou het hulle die
>> 3.0 D4-D's, wat heelwat ligter op brandstof is en sover ek weet trek vele
>> van die bakkies al oor die 300 000km en nog geen enjinbreek nie....en
>> hulle ry sewe soorte stront uit dié bakkies uit. Kwaliteit. Dis
>> waaroor Toyota nou die grootste in die wêreld is.......
>
> Raak gesê!!!!
>
> Was die naweek in die Winterberge en met die Katbergpas op wat jare lank
> nie meer in stand gehou word nie. Skande vir Oos-Kaapse Toerisme en
> bewaringsowerhede dat hulle dit nie meer toeganklik maak nie. Aan die
> ander kant, die ouens wat die vuurwaens het om daar in te gaan, het
> waarskynlik oor die algemeen meer respek vir die omgewing en die bewaring
> daarvan. Ek het dit rustig gevat met met my 2.5 D4-D; die ongewing
> ingedrink, dikwels gestop, bergstroompies op, fotos geneem, ens. Op een
> punt terwyl ons rustig gestaan en die omgewing verken het, hoor ek 'n
> voertuig aangedreun kom - ESKOM in 'n landcruiser! - met 'n spoed wat die
> bestuurder waarskynlik heeltyd halfpad tussen sy sitplek en die dak laat
> sweef het. Daar's 'n goeie rede waarom landcruiser van sy ontwerp af in
> die veertigs - nog voor landrover! - vir so lank feitlik onveranderd
> vervaardig word. Dié goed is gebou om die hammering te vat!
----Nou moet ek jou ook sê dat daai Cruiser nog lekker lewe. My een
buurman is 'n padskraper wat sy Cruiser dieselbakkie somtyds tot 2,5 ton
laai met dieselbrandstoftenk plus skraperlemme en gereedskap en hy het al
die agterste ewenaar van die Cruiser deur 'n dip laat oopbars op sy nate
soos 'n visblik! Maar geen ander kar sou dit maak as die Cruiser dit nie
maak nie. Kyk net onder sy voorste as en die dik yster 'skidplates' wat
die diff beskerm en jy weet jy het te doene met 'n geharde voertuig.
Bokwa, maar hêrd.
>
> Ons het 2 Hi-Ace kombis met die 21Y enjins na mekaar gery tot in die
> omgewing van 400k sonder enige moeilikheid en selfs op daardie stadium het
> hulle nog nie onbehoorlik baie olie verbruik nie.
----Sekerlik die 4Y-enjin [2.2 liter]? Dan het jy die 21R enjin gekry wat
die 2.4 enjin was wat in die Cressida en later ge-detune in die Hilux was?
>
> Dan dink mens onwillekeurig aan die streng vereistes in Japan wat ouens
> dwing om die enjins na 100k te vervang om besoedeling te bekamp.
-----Daar is net een faktor wat niemand na kyk ivm die Japannese enjins nie.
Hier na ons land toe word baie tweedehandse voertuie ingevoer vanuit Japan,
naamlik Cruiser stasiewaens, Hilux Surf en ook die RAV's wat baie gewild is.
Ook natuurlik die heel nuutste Hilux'e maar met oorsese specs en so R30 000
goedkoper as wat jy dit in SA kan kry! Bv. my een pêl het vir hom 'n Hilux
D-4D 3,0 4x4 Double Cab gekoop met leersitplekke en dit het 'n 5 spoed
outomatiese ratkas in. Op dié diesel is dit ongelooflik dat jy amper nie
kan voel as die ratte verander nie. Dit kom ook met 16" mags. Dit het
natuurlik nie Motorplan nie, maar jy kan baie diens vir R30 000!
Amper vergeet ek van my storie oor die Jap-enjins. In Japan is die
verkeer so swaar dat die voertuie 'idle' 'n groot deel van hulle lewe om en
dis juis in die siklus waar slytasie die swaarste op die enjins is. As jy
so 'n enjin koop en hy het 80 000km op, aanvaar maar sy slytasie is
soortgelyk aan 'n enjin met so 130 000km op.
Re: Suidwester [boodskap #116224 is 'n antwoord op boodskap #116223] Di, 12 Februarie 2008 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" ----Sekerlik die 4Y-enjin [2.2 liter]? Dan het jy die 21R enjin gekry[/color]
> wat die 2.4 enjin was wat in die Cressida en later ge-detune in die Hilux
> was?

Jy's reg. Het vermoed my geheue laat my in die steek en jy sal my reghelp
as ek die naampies van die enjins so effe deurmekaar het.

> -----Daar is net een faktor wat niemand na kyk ivm die Japannese enjins
> nie. Hier na ons land toe word baie tweedehandse voertuie ingevoer vanuit
> Japan, naamlik Cruiser stasiewaens, Hilux Surf en ook die RAV's wat baie
> gewild is. Ook natuurlik die heel nuutste Hilux'e maar met oorsese specs
> en so R30 000 goedkoper as wat jy dit in SA kan kry! Bv. my een pêl het
> vir hom 'n Hilux D-4D 3,0 4x4 Double Cab gekoop met leersitplekke en dit
> het 'n 5 spoed outomatiese ratkas in. Op dié diesel is dit ongelooflik
> dat jy amper nie kan voel as die ratte verander nie. Dit kom ook met 16"
> mags. Dit het natuurlik nie Motorplan nie, maar jy kan baie diens vir
> R30 000!

Iets om te onthou.

> Amper vergeet ek van my storie oor die Jap-enjins. In Japan is die
> verkeer so swaar dat die voertuie 'idle' 'n groot deel van hulle lewe om
> en dis juis in die siklus waar slytasie die swaarste op die enjins is.
> As jy so 'n enjin koop en hy het 80 000km op, aanvaar maar sy slytasie is
> soortgelyk aan 'n enjin met so 130 000km op.

Ook iets om te onthou.

Dankie. :-)
Re: Suidwester [boodskap #116256 is 'n antwoord op boodskap #116224] Vr, 15 Februarie 2008 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:JYednTXZJo7TDSzanZ2dnUVZ8smgnZ2d@saix.net...
> Jy's reg. Het vermoed my geheue laat my in die steek en jy sal my reghelp
> as ek die naampies van die enjins so effe deurmekaar het.
----die ouderdom....................jy kom nou in Gloudina se terrein van
selektiewe geheueverlies!
Re: Suidwester [boodskap #116257 is 'n antwoord op boodskap #116256] Vr, 15 Februarie 2008 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:KqqdnbLBFdj2pSjanZ2dnUVZ8t-nnZ2d@saix.net...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:JYednTXZJo7TDSzanZ2dnUVZ8smgnZ2d@saix.net...
>> Jy's reg. Het vermoed my geheue laat my in die steek en jy sal my
>> reghelp as ek die naampies van die enjins so effe deurmekaar het.
> ----die ouderdom....................jy kom nou in Gloudina se terrein van
> selektiewe geheueverlies!
>

J
Re: Suidwester [boodskap #116258 is 'n antwoord op boodskap #116224] Vr, 15 Februarie 2008 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
>>     Amper vergeet ek van my storie oor die Jap-enjins.   In Japan is die
>> verkeer so swaar dat die voertuie 'idle' 'n groot deel van hulle lewe om
>> en dis juis in die siklus waar slytasie die swaarste op die enjins is.
>> As jy so 'n enjin koop en hy het 80 000km op, aanvaar maar sy slytasie is
>> soortgelyk aan 'n enjin met so 130 000km op.

Ek wil my nou nie voorhou as 'n outoriteit op Japanese
verkeer nie, maar ek was oor Kersfees en Nuwejaar
in hoofsaaklik Tokyo en het nie gevind dat die voertuie
'n groot deel van die tyd moet idle nie. Die verkeer was
taamlik normaal selfs die keer toe ons vanaf Tokyo
op 'n hoofpad dwarsdeur Yokohama gery het na
Kamakura, waar daar 'n klomp Buddhiste tempels
is. Ek neem wel aan dat in die lente, wanneer almal
gaan "bloeisels kyk" die verkeer baie stadig kan
beweeg, maar dit gebeur hier by ons ook in die Park
in die Gatineau heuwels in die herfs, wanneer almal
oor die naweek "blare kyk."

Gloudina
Re: Suidwester [boodskap #116259 is 'n antwoord op boodskap #116256] Vr, 15 Februarie 2008 11:48 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > Jy's reg. Het vermoed my geheue laat my in die steek en jy sal my[/color]
>> reghelp as ek die naampies van die enjins so effe deurmekaar het.
> ----die ouderdom....................jy kom nou in Gloudina se terrein van
> selektiewe geheueverlies!

:-))
Vorige onderwerp: Kragkrisis in Suid-Afrika?
Volgende onderwerp: "Projek Helde" / Geskiedenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:10:20 MGT 2024