Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Siek vir die winter
Siek vir die winter [boodskap #116199] Vr, 08 Februarie 2008 15:10
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die verlede het ek altyd vir mense gesê, ek hou
van die winters in Kanada. Dis die somers wat ek
nie kan verdra nie. Maar hierdie winter is ons almal
siek en sat vir die winter. Dis nog net die begin van
Februarie, maar dit voel asof dit al jare winter is.
Dis nie dat ons lae termperature kry nie. Ons gee
nie om as dit baie koud buite is nie. Dan is ons
seker ons kry sneeu wanneer daar presipitasie
is. Maar hierdie winter gaan ons temperature baie
keer op tot bietjie oor vriespunt, en dis dan wat
die moeilikheid begin. Die paaie word gevaarlik
glad, en as die "freezing rain" te lank aanhou,
dan kry ons ice storms, en dit verniel die bome
en laat die elektriese pale omval.
Die sondebok is glo La Nina ( wanneer
die suidelike Stille Oseaan kouer as gewoonlik
is.)
'n Meer onmiddellike sondebok is die
"jet stream" wat vanjaar elke nou en dan
vanuit die verre noorde baie koue temperature
suidwaarts waai tot onder in die suidelike
VSA, waar dit juis eergister verwoestende
tornadoes veroorsaak het. Dan skep dit
redelike warm lug daar in die suide op en
as dit noordwaarts waai, dan kry ons hier
in suidelike en oorstelike Ontario reën in
plaas van sneeu.
Die enigste ding wat my winter
depressie 'n bietjie verlig, is die feit dat
die dae nou merkbaar langer word. Dis
nie meer pikdonker vyf uur in die aand
nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Barack of Hillary
Volgende onderwerp: Krag-krisis ripple uit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:12:02 MGT 2024